Dagboek van ‘n romanseskrywer (7)

Verlede week se ruskansie het vrugte afgewerp. Ek kon beter fokus en die storie het heel natuurlik na sy einde toe begin beweeg.
Dit bly vir my ‘n probleem om die balans tussen spontane skryf en die tegniese kyk na die manuskrip te verkry. Soms voel dit asof ‘n mens nou te veel moets en moenies ken en die spontaneïteit van die proses verlore gaan. Die beste raad bly seker steeds om jou eerste weergawe met jou hart te skryf en daarna te begin redigeer. Maar ek voel baie gou dat goedjies wat ek agterna insit, vir my effens onnatuurlik klink, asof die leser sal agterkom dis later ingesit. Ek vind dit ook baie moeilik om sommer net te laat waai met die eerste weergawe. Ek bly maar aan die teruglees en spontaan redigeer, sodat daar wanneer ek dwarsdeur is met die storie net eintlik afronding oorbly. As ek reg onthou, is dit ietwat teenstrydig met wat prof. Hans by die Skryfskool gesê het. Maar ‘n mens moet seker maar die goed kry wat vir JOU werk.
Hopelik kan ons volgende week die tweetjies tevrede in mekaar se arms kry …

Advertisements

2 comments on “Dagboek van ‘n romanseskrywer (7)

  1. Alta, ek stem volkome saam met die onnatuurlike gevoel van goed wat agterna ingevoeg word, veral wanneer dit iemand anders se voorstel is. Dis vir my net so asof ek dit nie altyd heeltemal my eie kan maak nie, asof my storie nie meer my storie is nie.

    • Ja, daar is ‘n baie fyn lyn tussen verbeteringe aanbring op ‘n kenner se aanbeveling, en die gevoel dat dit nie meer heeltemal jou eie storie is nie. Ek dink dis seker belangrik dat die skrywer baie versigtig te werk moet gaan om byvoegings klein en verspreid te maak sodat dit nie soos blopse (is daar so ‘n woord?) vreemde goed tussen die storie inval nie. Maar ek kan altyd agterna (na maande of jare) presies herken watter stukkies ek later ingevoeg het …

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s