Dagboek van ‘n romanseskrywer (4)

Die afgelope week was dit elke dag opnuut ‘n stryd net om aan die gang te kom. Ek beproef  elke uitsteltegniek in die boek en daarbuite en mors sodoende ‘n klomp kosbare tyd. Hoekom kan ek nie ook soos ander skrywers ‘n onbedwingbare drang hê om te skryf nie? Nee, ek het ‘n onbedwingbare begeerte om alle ander dinge waaraan ek kan dink, te doen.
En as ek die dag nie geskryf het nie, voel ek die aand soos brommerbollie. Om dus die dag te red, moet ek eenvoudig tot skryf kom. Al is dit ook in die aand wanneer my oë toeval en die inspirasie nul is. Selfs die grootste klomp onsin is beter as niks. Die volgende oggend kan jy altyd begin redigeer – en vermoor.
Wat ek wel al geleer het, is om die vorige dag se deel oor te lees en te begin redigeer wanneer ek nie moed het vir verder gaan met die storie nie. Ongemerk word jy dan weer betrokke by die storie en word dit makliker om weer ‘n entjie te vorder. En as ek net so 500 woorde kan vorder, begin gaan dit gewoonlik darem makliker.
Na die hele week se dapper voortsukkel het die ligpuntjie teen Donderdag (of was dit Vrydag?) gekom – daardie helder oomblik wanneer die storie homself verras, wanneer een van die karakters iets doen of sê wat ek glad nie beplan of verwag het nie. Niemand is meer verbaas as ekself nie. Die oomblik het gekom en met hom saam nuwe moontlikhede gebring wat die storie oor sy moeë middel kan kry. Hopelik.
Dis een van die klein dingetjies wat skryf die moeite en die lyding werd maak.

Advertisements

2 comments on “Dagboek van ‘n romanseskrywer (4)

  1. Alta, jy praat so uit my hart uit vanmôre. Ek het presies so ‘n week agter die rug. As ek nie ‘n brainwave in die middel van die nag kry of een van my karakters onverwags met iets briljant vorendag kom nie, ploeter ek heeldag voort en kry min gedoen.

  2. Ek het agtergekom dat wanneer iets my pla en dit my gedagtes besig hou, kan ek maar vergeet van skryf – dit werk dan net eenvoudig nie. Miskien moet mens ipv allerhande ander dinge doen (soos ekke) ipv skryf, eers aan jouself erken dat jy ‘n bekommernis van een of ander aard het wat jou verhinder om kreatief te raak. Dalk nie vir julle nie, maar vir my wel.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s