Goed begonne …

Die leë wit bladsy met die rekenaar se cursor wat vir jou oogknip, is sekerlik die doring in elke skrywer se oorgevoelige vlees.

Erger nog, ‘n rooigemerkte manuskrip wat herskryf moet word, kan jou met verlamming slaan. Skielik wonder jy of jy ooit regtig kan skryf. Die redakteur vind dan so baie fout met jou werk, die kritici vertel jou dat jou manuskrip hier te kort en daar te lank is.

Baie gou het jy die hoop werk wat vir jou voorlê in jou kop tot ‘n yslike, onoorkomelike berg vergroot. Jy vat en los, maar kom nie aan die gang nie. Sê nou jy kry dit nie reg nie? Sê nou hierdie poging misluk?

Jy pak jou laaie reg, was jou wasgoed, bak ‘n koek, doen die inkopies, sny die gras, skryf simpatiesoekende e-posse aan jou vriendinne en … alles goeie verskonings om nie te skryf nie, nè?

Nou is die tyd om jouself voor die rekenaar neer te sit en te begin. Jou beplanning is gedoen, karakters uitgewerk, die sinopsis geskryf, dis net ‘n kwessie van BEGIN!

Na die eerste paar reëls kom die spanning wat jou maag op ‘n knop trek, los. Die woorde begin vloei en jou vingers vlieg al vinniger oor die sleutelbord. Dis wanneer daai ou kindergediggie by my opkom: Ek dink ek kan … ek dink ek kan … ek kan, ek kan … ek KAN!

Dan weet ek: Goed begonne, is half gewonne!

Advertisements

4 comments on “Goed begonne …

  1. Hehehe! Ek sit nou juis en dink aan ander dinge as om ‘n artikel oor te skryf vir ‘n koerant 😉

    Wat my nogal suur maak is dat die redaktrise klaarblyklik vergeet het dat daar iets soos ‘n spell checker is voor sy my stuk verwoes en net so half half agtergelaat het.

    • Ek sal nooit joernalis kan wees waar iemand anders op gereelde basis die rooi pen inlê nie! Ons kry dit darem net 1X elke paar maande. Ek moet sê sedert ek skryf, is ek ook genadiger wanneer ek my leerlinge se opstelle moet nasien.

  2. Vir my is die BEGIN die heel moeilikste deel. En nie net die begin van ‘n nuwe manuskrip nie – nee, ELKE dag se begin. Veral die begin van ‘n nuwe hoofstuk. As ek net eers die hoofstuknommer bo-aan getik het, lyk dinge sommer al klaar beter. En dit neem gewoonlik omtrent 500 woorde se wroeging en lyding en vasbyt voor dit begin lekker raak en enigsins begin vloei.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s