Daardie ‘insinking’ in die middel

Net soos ons almal hier in die middel van ons lewens ervaar dat sekere lyne van ‘n eens ferm figuur Suid begin neig, net so gebeur daar in die middel van ‘n storie alte dikwels ‘n insinking wanneer alles begin uitrafel en vervelig raak.

Die oulike ontmoeting en die heerlike konflik aan die begin, daardie eerste verliefraak en al daai lekker dinge is agter die rug en dis nog hopeloos te vroeg vir die klimaks en ontknoping van jou storie  – nou hoe nou gemaak om die spanningslyn styf te hou tot aan die einde?

Hoe doen jy dit??

12 comments on “Daardie ‘insinking’ in die middel

  1. As ek desperaat is oor die insinking, en aan niks kan dink nie, gaan ek na die einde toe. Ek weet meestal waarheen die storie op pad is, begin dus aan daardie toneel werk, en skryf dan van agter af vorentoe. Dit verg natuurlik later baie hersien en redigeer en ook herskryf, maar dan sit ek ten minste nie droëmond en paniekerig en wag op inspirasie nie. Soms hoef ek net ‘n klein rukkie aan die einde te werk, dan begin die middel te roer en sy verskyning te maak.
    Dis verkeerdom, ek weet. En dit klink ‘risky’. Maar dit werk vir my.

    • Ag, Marile, jy wéét dan!! Jy is heeltemal reg. Dis in daardie insinking waar die skrywer soms in die slaggat trap van om cliché’s soos die eks met die rooi rok uit te haal. Miskien moet jy juis hier die heldin die rooi rok laat aantrek en ‘n paar knopies loswikkel?? H’mm …

      Dis in hierdie einste sinkgat waar jou kreatiwiteit waarlik op die proef gestel word. Dis net hier waar jy ‘n dinkskrum met jouself moet hou en ‘n lys maak van nog meer struikelblokke wat jy in die pad van die karakters kan sit om die ‘pot aan die kook’ te hou. Ek dink dit help om die beste deel van dit wat jy vir hulle beplan het, juis vir hierdie deel van jou boek te hou.

      Wat daarvan as jy jou boek in kwarte deel en vir elke kwart beplan jy iets opwindends, iets groots? Ek probeer altyd om vooraf die hoofstukke te beplan en vir elke hoofstuk iets lekkers in te werk, maar ek hou nie altyd daarby nie. Ek val maar gedurig iewers vas …

  2. Ek dink dis nogal ‘n versoeking (veral omdat deesdae se helde en heldinne nie meer altyd so piepjonk is nie) om altyd ‘n eks in die prentjie te bring om dinge ‘n bietjie op te klits. Ek het myself betrap dat ek dit in feitlik elke romanse op een of ander manier doen. Toe het ek geeksperimenteer met die held en/of heldin se kindjie uit ‘n vorige verhouding. Ek dink dit het gewerk, maar dit sal ook baie gou afgesaag raak.
    Het iemand dalk ‘n briljante voorstel?

      • Dalk eeuw, maar dit gee jou ‘n paar scenario’s wat nog nie baie ander romanses gebruik is nie.

        Die held is agter die heldin aan. Sy het gemengde gevoelens, juis omdat sy dink hy is gay en die ander een is moontlik sy vriend. (Baie vrouens raak verlief op gay mans en baie mense is geneig om hulle eie – verkeerde – afleidings te maak). Baie ruimte vir misverstande en konflik situasies.

        En beslis baie anders die eks in die rooi rok. ‘n Netjiese klinkel in die kabel.

        Op die einde is die ander een net ‘n vriend wie die held help met een of ander iets. Die heldin kom agter dat sy die verkeerde afleidings gemaak het en hulle smelt in mekaar se arms.

            • Dis dan so ‘n lekker plot, Xena – ek dink jy moet dit self ‘n go gee!
              Dis natuurlik baie in om ‘n heldin ‘n gay vriend te gee – jy’t buite die boks gedink en dit net ‘n bietjie anders aangepak. Ek wonder of dit sal werk … dalk moet ‘n mens net nie die woord verwyfd gebruik vir die held nie … net ietsie meer subtiel – kunstig, gekultiveerd??

  3. Het julle al ooit mooi gekyk na party gay mans? GLAD nie almal verwyfd nie. Party eintlik vrek-aantreklik en macho. Genoeg om enige loslopende vrou die horries te gee.

Lewer kommentaar op Madelie Human Kanselleer antwoord