Die slegste sleg

Wat is vir jou die slegste deel van die skryfproses? Watter maniere het jy al gevind om dit te hanteer?

Advertisements

12 comments on “Die slegste sleg

  1. Selftwyfel is enige skrywer se grootste vyand. Die geringste negatiewe kommentaar kan ‘n skrywer in ‘n diep put van twyfel oor jou eie vermoëns dompel.

    Om dit te oorkom? Hou aan skryf!! Moet nooit moed opgee nie. Eers wanneer jy weer ‘n hoofstuk suksesvol afgehandel het en dit voel vir jou reg, kry jy weer selfvertroue en die nodige moed om aan te hou.

  2. Ek dink die ontvang van ‘n uitgebreide verslag wat jou op talle simpel foute in jou ms wys, is vir my die laagtepunt. Veral met ‘n mens se heel eerste ms – dan dink jy mos nog jou woorde is heilig en niemand durf aan hulle verander nie!
    Hoe om daaroor te kom? Gee ‘n bietjie tyd, pak af op jou man of ‘n goeie vriendin se skouer, eet ‘n chocolate, neem jou inner child vir ‘n lekker uitstappie, koop vir jouself ‘n bos blomme – en lees dan weer daai verslag. Die kans is 99,9% dat dit nou minder erg gaan klink.
    Gee nog ‘n dag of twee en lees hom dan nog ‘n keer. Teen hierdie tyd weet jy dis opbouende, nuttige kommentaar wat jy kan gebruik om jou werk te verbeter. Jy weet ook komplimente is lekker om te ontvang, maar ‘n mens leer nie eintlik iets uit hulle nie. En jy weet jy is bevoorreg om ‘n uitgewer te he wat wel vir jou kommentaar gee – die meeste plekke se net eenvoudig: Dankie, maar nee dankie! en jy is in die duister oor wat jy moet doen om te verbeter.
    En dan: begin van ‘n kant af en handel die kwessies een vir een af. Of begin by die maklikste goedjies en beweeg dan aan na die groter kwessies. Maar DOEN dit net!
    Volgende keer gaan dit al ‘n bietjie makliker wees!

  3. Ek stem saam met Madelie, selftwyfel is ‘n vyand en hy pootjie mens steeds, al is jy ‘n gepubliseerde skrywer. Skrywers, en seker ander kunstenaars ook, is maar sensitiewe wesens. En soos Mareli sê, die eerste verslag voel byna soos ‘n doodsvonnis. Die eerste lees daarvan slaan mens behoorlik tussen die oë en laat jou hopeloos voel. Maar later besef mens hoe waardevol dit regtig is en leer jy oneindig baie daaruit. En mens leer: kill your darlings.

  4. Hi, my gunsteling skryfsters!
    “Die slegste sleg”
    Lanklaas gesels, maar ek wil iets vra wat werklik vir my ‘n probleem is:
    Die genre bepaal dat daar 44 000 woorde moet wees, maar ek staan op 40 000 en ek wil nie “laslappies” of nog ‘n kinkel insit net om die vereiste woorde te behaal nie. Die storie is vertel en enigeiets wat nou bykom gaan dit net langdradig of onnodig uitrek. wat stel julle voor en hoe hanteer julle dit?
    Groetnis

    • Hallo Wikus,
      Mens kan wegkom met effens minder woorde, maar 4 000 te min sal nie werk nie. Aanlas aan die einde sal jou slot net onnodig uitrek, so ek sou dit nie aanbeveel nie, maar daar moet iewers in jou storie ruimte wees vir miskien nog ‘n toneel wat jou karakters duideliker teken, of die ontwikkeling van die verhouding mooi uitbeeld.

      Dit sal goed wees as hierdie toneel die spanningslyn lekker styf kan trek. Dink dus bv. daaraan om ‘n innerlike stryd van jou heldin (miskien ‘n gedagtemonoloog) waar sy veg teen haar ontwikkelende gevoelens vir die held, in te voeg.

      Miskien kan jy dink aan ‘n bykomende struikelblok wat jou held en heldin moes oorkom om bymekaar uit te kom. Dit werk gewoonlik om die spanning uit te rek. Onthou net wanneer jy iets inlas of bylas, om die daaropvolgende tonele dienooreenkomstig aan te pas, anders sit jy dalk met dinge wat nie meer sin maak nie.

      ‘n Ander baie effektiewe manier om jou woordtelling sinvol meer te maak, is om elke toneel met ‘n valkoog te lees en te kyk waar jy meer van jou heldin se gedagtes kon uitgebeeld het. Onthou, jy moet voortdurend in die heldin se kop wees en ons is geneig om te vertel wat gebeur, i.p.v. om te vertel hoe die heldin dit wat gebeur, beleef!! Onthou, Romanza se slagspreuk is: “Beleef die emosie.”

      Hoop dit help jou.

      Lekker skryf!

  5. Dankie Madelie,
    Sal so doen.
    Geniet die langnaweek en gebruik dit positief. (Lees en skryf en skryf en lees)
    Onthou om aan iemand naby aan jou hierdie naweek te se: EK IS LIEF VIR JOU!.
    Groetnis

    • Hallo Doris,

      Sny is nie lekker nie. Ons skrywers praat van “Killing your darlings,” soos Annetjie hier bo vertel.
      Dit voel beslis of jy werklik jou naasbestaandes vermoor. Jy’t dan so hard gewerk daaraan! Maar daardie soort van ‘moord’ is iets waaraan jy maar gewoond sal moet raak. Redakteurs laat ons dikwels uitsny en oorskryf.

      My raad aan jou is: Kyk met ‘n kritiese oog en vra jouself of elke toneel in jou manuskrip werklik nodig is, m.a.w. as jy dit sou uithaal, sal jou storie platval.
      Indien daar ‘n toneel is waarsonder jou storie steeds kan werk, is dit waar jy eerste moet sny. Elke liewe toneel in ‘n boek moet ‘n spesifieke doel dien, anders moet jy dit uithaal.

      ‘n Ander manier om te sny, is om onnodige beskrywings en beskrywende woorde uit te haal. Skrywers wil dikwels dinge te duidelik uitspel.(ek is een van hulle!) Jou lesers is intelligente mense en het goeie verbeeldings. Sometimes less is more. Moet net nie noodsaaklike inligting verwyder nie.

      Kyk ook of daar nie plekke is waar jy ‘n paar woorde met net een goeie woord kan vervang nie, bv. “Sy draai net daar om en stap by die deur in,” (11 woorde) kan maklik vervang word met “Sy draai om en stap in.” (6 woorde) Sê dit nie presies dieselfde nie?

      Geniet dit!

  6. Ek geniet julle besprekings en sal weer kom inloer – soos tyd toelaat. My begeerte lank terug was om ook tyd te hê vir skryf. Kinders skryf stories by my, maar darem is dit op laerskoolvlak, maar tog kyk mens na wat profesionele mense soos julle doen/sê om die regte leiding te gee. Ek geniet altyd dit wanneer ons onderwerp storie-skryf/gedigte is omdat dit my voorliefde is. Ek is ‘n GROOT liefhebber van kinderboeke en lees soms eerder dit as boeke vir volwassenes. 🙂

  7. @ Chess. Moet erken, ek lees ook graag Jeugliteratuur! 😉

    Ek geniet julle besprekings verskriklik baie. As ek moet dink aan wat my grootste struikelblok tans is, is dit TYD!
    Tussen ‘n voltydse werk, ‘n sport, familie en die Skrywersverening se dinge kom ek net eenvoudig nie by regtig SKRYF uit nie. As ek weer sien is nog ‘n week kapoet en weer, nog ‘n maand.

    Op die stadium het ek nie eers vir myself raad nie. Maar kom tyd, kom raad. volgende jaar behoort dinge bietjie rustiger te wees sodat ek meer aandag aan dit kan gee.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s