Karakters en hulle stemme

Hoe maak jy seker dat jou karakters nie almal dieselfde klink nie? As ’n skrywer is dit ’n uitdaging om elkeen van jou karakters in jou boek ’n unieke ‘stem’ te gee. Jou held en helding kan sekerlik nie dieselfde sêgoed en uitdrukkings gebruik nie. Hoe doen jy dit? Hoe beheer jy die verskillende ‘stemme’ van jou karakters?

Advertisements

4 comments on “Karakters en hulle stemme

  1. Ek is ‘n obsessiewe beplanner, so ek beplan my karakters ten volle vooruit – hulle persoonlikheid, sê-goed, fiemies en alle ander fieterjasies. Dit maak dat ek my karakters baie goed ken voor ek begin skryf wat natuurlik hulle stemme uniek hou. Of ten minste, dis wat ek probeer!! Dis mos maar altyd ‘n leerproses…

  2. Ek probeer altyd my karakters se persoonlikhede en sosiale agtergrond in aanmerking neem. ‘n Professor sal byvoorbeeld meer gekultiveerd praat en geleerde woorde sal deel van sy woordeskat uitmaak, waar die wildbewaarder ‘n meer alledaagse woordeskat sal hê. Die poësieliefhebber sal graag poëtiese uitdrukkings gebruik en die prokureur weer regsterme. Die dromer sal dalk weer baie rusposes hê wanneer sy praat omdat sy tussendeur aan ander dinge dink. Die sakevrou, sal saaklik, kort en kragtig wees.
    Ek hoop dit help bietjie.

  3. Karakters se keuse van woorde bepaal seker of hul met duidelik verskillende stemme praat. Dis maklik om ‘n ouer, deftige persoon meer formeel te laat praat en ‘n tiener meer informeel met ‘n bietjie Engels daarby. Maar dis seker moeiliker om doodgewone mense sonder vreeslike uitstaande kenmerke verskillende stemme te gee. Of skep ons eenvoudig nie doodgewone mense sonder vreeslike uitstaande kenmerke nie??
    Terloops, ek lees vandag dat iemand se: “The only safe place in the world is inside a story.” Mooi, ne?

  4. As jy nie jou karakters tot in die fynste besonderheid van hul persoonlikhede beplan nie, kan jy hulle nie hul eie stemme gee nie. Die skryf van ‘n karakterskets van elkeen met sy/haar positiewe sowel as negatiewe eienskappe wanneer jy jou beplanning doen, help baie.

    Ons moet daaraan dink dat die meeste mense ook verskuilde karaktereienskappe (of behoeftes en begeertes) het, selfs dinge wat hulle nie eens teenoor hulself wil erken nie! Dit maak van jou karakters interessante mense van wie die leser elke nuwe lagie van hul persoonlikheid bietjie-vir-bietjie kan ontdek soos die storie vorder.

    Hierdie dinge kan die skrywer deur die karakter se gedagtes, optredes, of d.m.v. dialoog uitbeeld. En dit gee aan elke karakter ‘n unieke ‘stem’.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s