Die perfekte held!

Ons weet almal die skrywer en die leser moet op die held kan verlief raak, dan is die storie geslaagd. Goed en wel – dit kan help. Maar ek het dit nou vir die eerste keer regtig aan my bas (nee, my hart!) gevoel. Ek het heeltemal en totaal verlief geraak op my laaste held. As hy nou hier verbystap, gooi ek my trouringe by die venster uit en sit hom agterna! (Grappie!) My punt is dat dit die heerlikste en vinnigste is wat ek nog ooit aan ‘n romanse geskryf het. En dit lyk of die heldin in die proses ook duideliker geteken is as wat ek nog in die verlede reggekry het. Vermoedelik kon ek haar gevoelens meer akkuraat verwoord, omdat ek werklik binne-in haar skoene geklim het.

Dit wys maar net weer – wat die C’s iets se, kan ons maar letterlik opneem! Dit werk!

Wat se julle?

Advertisements

3 comments on “Die perfekte held!

  1. Ek het niks bewustelik anders gedoen nie – ek het net behoorlik verlief geraak op die man!! En toe looop die storie eenvoudig vanself …
    Wat ons by ‘n volgende probleem bring: ‘n mens kan tog nie elke keer presies dieselfde held gebruik nie?!

  2. Ek raak elke keer op my held verlief, maar dit beteken nie my storie loop sommer maklik nie. En ek vrees my helde is maar dikwels baie dieselfde, want daar is altyd iets van die man in my lewe in elke held wat ek skep, al is dit nou nie in sy uiterlike nie. Ek het byvoorbeeld nog nooit ‘n filmster se uiterlike vir my held gesteel nie. Die goedjies se optrede wil net nie met held-wees stryk nie.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s