Hoe skryf jy?

Daar is ’n teorie dat skrywers in vier kategorieë verdeel kan word:

  1. Die wat skryf sonder om te beplan of te redigeer.
  2. Die wat redigeer soos hulle skryf.
  3. Die wat ’n bietjie beplan en dan ’n bietjie skryf.
  4. Die wat die storielyn volledig tot die einde beplan voor hulle begin skryf.

Watter een is jy?

Advertisements

11 comments on “Hoe skryf jy?

  1. Ek’s sonder twyfel nommer 4! Ek beplan alles tot in die fynste besonderhede voor ek die woorde ‘Hoofstuk een’ op my rekenaar tik. Dit help my om te voorkom dat daar enige los drade in my storie is en dan kan ek binne die raamwerk van my beplanning my kreatiwiteit vrye teuels gee.

  2. Ek het nommer 4 probeer, maar gekry dat ek my arme storie so dood beplan het, dat ek die lus vir die skryf daarvan ook dood gemaak het.

    Ek het nommer 1 ook al probeer, maar gekry dat ek my storie draad te vinnig verloor en op een stadium, het ek nie ‘n idee gehad waarnatoe nou nie.

    Nou eksperimenteer ek met nommer 3, maar ek redigeer ook minimaal as ek die vorige dag se goed deurlees. Sit so hier en daar ‘n paar goedjies by wat ek kan optel wat kort is . Op die stadium het ek ‘n begin en ‘n einde beplan – nie te veel detail nie – net n bietjie sodat ek kan weet waarnatoe ek oppad is. Ek het darem nou al ‘n halwe idee vir die middel! Net tyd sal leer of hierdie metode vir my gaan werk.

  3. Ek hang erens tussen nommer 2 en 3. Ek weet gewoonlik hoe die storie moet begin en hoe hy moet eindig. Tussenin moet ek net wanneer ek gaan sit en tik weet wat in ‘n spesifieke toneel moet gebeur. Ek begin elke dag deur eers die vorige dag se gedeelte (of verder terug) weer te lees en begin dan gewoonlik spontaan redigeer. Dis gewoonlik vir my ‘n lekker geleidelike manier om weer aan die gang te kom.

    • Amen, sê ek vir 2 en 3. Ek lees ook eers die vorige dag se werk deur (en verstom my soms oor die briljantheid (lol) … of powerheid daarvan) en dan skryf of herskryf ek verder.
      Soms verf ek my in ‘n hoek vas, en dan moet ek ernstig dink en beplan om weer daaruit te kom. Maar dit hou die skrywery interessant.

  4. Ek en Marile doen dinge presies dieselfde. Ek weet nie of dit noodwendig die vinnigste manier van skryf is nie, maar dis al manier wat vir my werk. Wat ek wel vooraf duidelik beplan, is my hoofkarakters. Ek ken hulle almal taamlik goed teen die tyd dat ek met die eerste sin begin en weet min of meer hoe hulle sal optree.

  5. Ek het ook soos Lelani no 4. probeer, maar vind dat ek feitlik alles verander soos ek vorder. Nou werk ek ook soos Marile en Rykie. Ek vind ek lewer meer spontane werk op die manier.

    Die belangrikste ding vir my is dit: maak seker jy het goed gemotiveerde konflik tussen die karakters, dan raak jou storie nie sommer op hier in die middel van nêrens nie!

  6. Ek begin deur te skryf sonder om te redigeer, maar teen die tyd dat die eerste hoofstuk klaar is, het ek dit al ‘n tiental kere geredigeer. Nommer twee en drie is my werksmetode en ek moet sê, dit bly vir my ‘n verrassing wat die karakters soms aanvang. Dit maak die skryf soveel meer opwindender.

  7. Ek dink dit was Dirna wat gesê het sy het aanvanklik amper meer geredigeer as geskryf. Dis waar ek op die oomblik is – by no. 2. Dit is egter ’n baie tydrowende manier van werk, en ek probeer myself oortuig dat ek beter moet beplan. Volgende keer. Ek vermoed egter redigering sal altyd vir my ’n belangrike deel van skryf bly. Almal het dit seker al ervaar: iemand sê vir jou iets, en jy dink eers die dag daarna aan ’n oulike antwoord? Dit lyk my dis hoe dit met my skrywery gaan. Dikwels is dit asof ek eers die volle moontlikhede en/of implikasies van ’n gesprek of toneel insien wanneer ek dit klaar geskryf het en herlees.

  8. Soveel skrywers, soveel werkswyses. Ek beplan gewoonlik soos nommer vier, maar tydens die skryfproses vang my karakters altyd ander dinge aan en beland op ander plekke as die waar ek hulle oorspronklik geplaas het. Ja, ek heg baie waarde aan redigering. As my manuskrip klaar is redigeer ek drie keer of meer en gee aandag aan die volgende:
    1. Om woorde wat te veel herhaal word met beter sinonieme te vervang.
    2. Omdat ek van die ou skool is, hou ek van my ou stylfigure: personifikasie, vergelyking, beknopte vergelykings (metafore), idiome, en probeer my sinne so te verryk.
    3. Kyk of alles gemotiveer is.
    4. Maak seker my tydlyn is reg. (As dit somer moet wees, moet my karakters nie met winterklere rondloop nie, ens.)

    Dit is dus ‘n hele paar keer wat ek die manuskrip redigeer voor ek dit wegstuur.
    Maar soos ek gesê het, elkeen slyp haar beitel tot dit blink en klink (a la N.P. Vanwyk Louw)

  9. Ek volg soos die meeste van julle nr 2 & 3, beplan die storie rofweg vooraf, maar maak seker ek ken die karakters goed. Dan laat ek my lei deur hulle doen en late, terwyl ek by die storielyn probeer hou. Ek redigeer soos ek skryf en weer 100 maal nadat die storie klaar is, is nooit tevrede nie. Wanneer ‘n storie lekker vloei, skryf ek soos dit kom en redigeer eers as dit klaar is.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s