Gesoek: Titels wat werk!

Waar kry ‘n mens ‘n lekker titel vir jou  storie? ‘n Titel wat werk – een wat die lesers sal onthou, een wat iets weergee van jou verhaal, een wat iets weergee van die genre waarin jy skryf? Kyk jy na ander titels? Kry jy eerste die titel en dan die verhaal – of andersom? Soek jy lank na jou titels – of kom meld die regte een hom gou-gou aan? Hou jy van eenwoordtitels of die wat uit ‘n paar woorde bestaan? Werk dit om die held of heldin se naam in die titel te plaas? Wat van humor in ‘n titel? Het jy ‘n gunstelingtitel wat jy as voorbeeld sien?

Advertisements

10 comments on “Gesoek: Titels wat werk!

  1. Ek dink Kristel Loots se ‘Sjokoladesoene’ is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n treffertitel wat lekker sê en sommer alklaar belowe dat dit ‘n prettige verhaal gaan wees. Dit pas ook uitstekend by Kristel se styl van skryf. Ek dink dit het ook baie te doen met die sukses wat die boek as blitsverkoper behaal.

  2. Dit titel van die boek is min of geen waarde wanneer ek iets soek om te lees nie.

    As ek self iets kies, kyk ek by die skrywers waarvan ek gehou het en gryp sommer die eerste, tweede en derde beste boek wat ek sien van hom en haar. Ek sal soms ‘n boek lukraak gryp en as die boek my nie bekoor het nie, lees ek die skrywer nie weer nie.

    Verder lees ek boeke wanneer iemand wie se mening ek vertrou vir my iets aanbeveel het.

    Die titel is vir my net belangrik om te onthou waar het ek wat gelees en om dit te kan onderskei van die ander boeke van die skrywer. En om dit natuurlik vir iemand anders aan te beveel as dit die moeite werd was.

  3. Die titel van die boek is vir my nogal belangrik. Ek hou daarvan dat die titel vir jou iets sê wat betrekking op jou verhaal het. Persoonlik hou ek van kort titels, maar ongelukkig kan jy nie altyd daarin weergee wat jy graag wil nie. So nou en dan kan ‘n held of heldin se naam in ‘n titel wel die ding vir my doen, maar dit moet ook nie te veel gebruik word nie. Ek het heel dikwels my titel in my kop nog voor ek die storie aanpak en dan werk dit vir my lekker. Daar is ook tye wat dit titel eers by my posvat wanneer ek al in die helfte van my verhaal trek en gewoonlik is dit dan iets wat ek in die verhaal geskryf het wat ‘n klokkie by my lui. Ek probeer om nie my titel te vorm deur na ander skrywers se titels te kyk nie.

  4. Wanneer die titel sommer gou in my gedagtes opskiet, weet ek gewoonlik dis ‘n lekker een. As ek eers doelbewus daarna moet begin soek, is die resultaat gewoonlik nie so goed nie.
    Ek hou meestal van titels van so drie woorde en kon nog nooit ‘n lekker eenwoord-titel uitdink nie.
    By romanses is dit vir my belangrik dat die titel die leser ‘n idee moet gee dat dit ‘n romanse is – sonder om soetsappig of afgesaag te klink. Geen maklike taak nie!

  5. Ek kon nog selde ‘n lekker titel uitdink … ek soek gewoonlik eers na ‘n titel as die boek klaar is; dan voel dit maar bitterlik aangeplak!

  6. Self. Ek sukkel geweldig met die soek van ‘n titel. Die storie is altyd daar, maar dan begin die nagmerrie om ‘n treffende titel te doen. Dina het nogal ‘n slag om ‘n titel treffend op te som.

  7. Titels is my dinges se deksel ook. Terwyl ek werk, het die manuskrip ‘n titel op my rekenaar, maar ek weet by voorbaat as hy nie lekker op die C’s se ore gaan val nie. Dan die soektog … Maar as ek self lees, is die titel bysaak. Ek soek my gunsteling skrywer/s en kontroleer net die titel soos Xena hierbo om te sien of ek dit klaar gelees het.
    Aan die ander kant is dit vir my heerlik om die Romanza-huus te kry en my te verlekker in al julle mooi titels!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s