Die lekkerste lekker!

Wat is vir jou die heel lekkerste/bevredigendste/opwindendste van die hele skryf- en publikasieproses?

Advertisements

9 comments on “Die lekkerste lekker!

  1. Lekkerste: om die tjekkie te kry na al die harde werk en wag
    Bevredigendste: om ‘n boek in my hand te hou en te besef EK het elke woord daarin geskryf
    Opwindendste: die ja-woord van my uitgewer

    Maar die heel grootste LEKKER: Om na die aanvanklike geswoeg (gewoonlik vir minstens 500 woorde) te besef die storie loop nou, die woorde kom vanself … Dit gebeur nie dikwels nie, maar dis al die swaarkry werd.

  2. Die opwindendste is wanneer ek poskantoor toe gaan en daar is ‘n bruin boksie met my ses gratis eksemplare wat die uitgewer vir my stuur. Gewoonlik kan ek nie tot by die huis wag om die pakkie oop te forseer – sommer met my motorsleutel, naelvyltjie of enige skerp ding wat ek by my het (ai, hoekom verpak hulle die goed so deeglik?) – sodat ek hom in my hand kan hou en kan weet dis MY BOEK nie!

    Die grootste lekker is wanneer ‘n leser my vertel sy het AL my boeke en kan nie wag vir die volgende een om te verskyn nie.

  3. O, ek het vergeet van daardie sixpack se ontvangs! Die emosies wat ‘n mens ervaar, is sekerlik nie te ver van die gevoel wanneer jy die eerste keer jou baba vashou nie.

  4. Wanneer ‘n idee in my kop broei- en dit stadig maar seker die vorm van ‘n opwindende storie aanneem , en ek nie kan wag om dit neer te pen nie.

    Die uitdaging om 44 000 woorde op papier te sit.

    My voorblad te sien- nog voor ek die boek het- en te weet : dis my skepping daai.

    En die allerlekkerste, om die boek in my hande te hou.

  5. Vir my is die opwindendste oomblik as die mense van my storie begin lyf kry en die verhaal sommer vanself aan’t loop gaan. En dan ook die besef: enigiets is moontlik, want ek is in beheer van hierdie klein wêreldjie wat ek geskep het en ek kan laat gebeur wat ek ook al wil!

    ’n Lekker byvoordeel van skrywer wees, is dat ’n mens iemand wat die lewe vir jou moeilik maak in jou storie kan sit (natuurlik taamlik verskuild) en hom/haar allerhande nare goed kan laat oorkom! Dis net ’n grappie! Die kans dat hulle hulself gaan herken, is gelukkig skraal, want die meeste van sulke soort mense is salig onbewus hoe hulle ander hinder.

    Maar absoluut niks kom vir ’n skrywer daarby dat ’n leser vir jou kom sê: ek het jou boek gelees en ek kon hom net nie neersit nie.

  6. Daar is niks so uitdagend vir my as om elke keer ’n hele nuwe wêreld te skep met mense, huise, troeteldiere, strate, kantore, ens. nie. Dis vir my so lekker! En wanneer elke karakter hy/sy eie stem het en ek hulle kan hoor praat, is daardie wêreld lewend vir my. Ek weet hoe my heldin se huis lyk, ek weet waar sy haar koffie bêre, waar sy haar skoene uitskop en waar haar gunsteling bank is. Ek weet hoe my held ruik, hoe hy lyk in ‘n pak klere of in sy Saterdag jeans en ek kan sy stem hoor. Dis vir my heerlik om myself elke keer in ‘n nuwe te wêreld ‘verloor’.

    Ek stem saam met Rykie oor die lesers se kommentaar. Daar is niks so betalend as wanneer ’n leser vir my sê dat sy my boek vreeslik geniet het, dit nie kon neersit nie, dit haar laat lag/huil het, of dat sy presies soos die heldin gevoel het.

  7. Die lekkerste deel van skryf is wanneer ek dit regkry om ’n sekere energie te skep met woorde op papier. Dit begin leef. Spring van die bladsy af.

    Die heel, heel beste is wanneer ek dit die volgende dag oorlees en nog altyd tevrede daarmee is. Dit gebeur nie so dikwels nie.

    • Jy’s reg, Thea. Wanneer ek ‘n hoofstuk ‘n dag of wat later oorlees en ek voel nog steeds die ‘magic’, weet ek hierdie een kan maar bly!

      Maar as dit vir my simpel klink, weet ek dit gaan vir die lesers ook so wees.

  8. Die lekkerste lekker gevoel is wanneer die storie vorm en vanself loop en ek nie gou genoeg die woorde kan tik nie…

    Al die ander dinge soos hierbo genoem is natuurlik baie lekker en opwindend, maar positiewe terugvoer van lesers vat die koek!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s