Daardie eerste hoofstuk

Die sukses van die eerste hoofstuk van ‘n romanse is gewoonlik bepalend vir die sukses van die hele boek – of die mislukking. Dis een plek waar die ou spreekwoord Goed begin is half gewin beslis van toepassing is. Daarom is dit so belangrik om baie seker te maak jou eerste hoofstuk le die regte fondament vir jou storie en om dit nie af te jaag nie.

Dit kan baie help as jy die volgende punte in gedagte hou:

1)      Kan die leser uit die staanspoor met die heldin identifiseer en word die verhaal uit haar perspektief geskryf?

2)      Begin die verhaal midde-in ’n situasie en word die leser dadelik in die verhaal getrek?

3)      Maak die held al in die eerste hoofstuk sy verskyning? Die leser wil nie wag tot die vyfde hoofstuk vir die held om sy verskyning te maak nie – hy moet in die eerste hoofstuk al daar wees.

4)      Is daar ’n emosionele belewenis, met ander woorde wat is die gevoelswaarde van die hoofstuk?

Advertisements

8 comments on “Daardie eerste hoofstuk

  1. Ons het destyds, jare voordat daar nog soveel kursusse was wat deur skrywers bygewoon kon word geglo dat:
    In die eerste paragraaf maak jy met die hoofkarakter en haar probleem kennis. Daarvandaan kan jy kunstig die heldin se agtergrond inwerk tot by hierdie situasie.

  2. Punt nommer 2 is vir my belangrik – om die storie binne-in die aksie te laat begin. In die beperkte omvang van ‘n romanse het ‘n mens eenvoudig nie genoeg woorde beskikbaar om ‘n groot klomp van hulle op ‘n lang inleiding en/of beskrywing van die openingstoneel te spandeer nie.
    Ek dink ook hoe gouer die held sy verskyning maak, hoe beter. In ‘n romanse wil die leser nie wonder wie gaan die heldin kry nie – sy wil dadelik weet – en dan die reis meemaak met die twee tot by die punt waar hulle gelukkig en tevrede bymekaar is.

  3. Die romanseleser loer altyd na die eerste paar bladsye wanneer sy besluit of sy ‘n boek gaan koop of nie. As die eerste bladsy nie midde-in die aksie begin nie, sit sy hom maklik neer. Die heel eerste sin moet haar sommer al laat wonder wat gaan verder gebeur.

  4. Die eerste sin van ‘n boek is baie belangrik, want dit is soms genoeg om die leser se belangstelling te prikkel sodat sy verder gaan en die hele paragraaf lees. As sy na die eerste paragraaf … of dan die eerste bladsy… steeds nuuskierig is, sal sy beslis die boek wil he. Die held moet so gou moontlik, verkieslik binne die eeste hoofstuk al, sy verskyning maak. Indien dit nie moontlik is nie, moet daar genoeg inligting oor hom wees om die leser na sy verskyning te laat uitsien, maar hy moet dan nie die storie later as die tweede hoofstuk binnestap nie.

  5. Ek’s nie ‘n skrywer nie, maar vir my om ‘n boek te geniet, moet ek sommer dadelik met die held te doene kry, ek’s een van daardie “ongeduldiges” 🙂 Ek het baie boeke wel voorgelees vir die kiddies in die tyd toe ek die Bib-juffrou was en moet sê dat ek [en die kinders] het boeke geniet waar die held/aksie op bladsy een begin het. Daar moet nie ‘n lang aanloop na gebeure wees nie, dan sit ek die boek na die eerste 2 bladsye neer. [het mens iets waarvolgens jy “lesers” klassifiseer? Watter tipe “leser” sal ek dan wees? 🙂 ]

  6. Baie dankie, Madelie! Ek het juis gewonder waarom “lesers” nie hier kommentaar lewer nie, maar slegs skrywers. 🙂 Ek gaan sommer nou loer!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s