Waar kry ‘n skrywer haar idees?

Wat is dit wat ‘n nuwe storie in jou kop laat posvat? Gaan sit jy doelbewus en dink tot jy iets uitgedink kry? Kom dit soos  ‘n bliksemstraal op onverwagse oomblikke? Kom dit in jou drome? Inspireer gewone mense jou? Of dinge wat jy hoor of lees?

Advertisements

10 comments on “Waar kry ‘n skrywer haar idees?

  1. Vir my kom nuwe idees dikwels op nuwe plekke. Ek plaas dikwels die karakters in ‘n sekere mileu nog voor ek oor hul name, beroepe, geaardheid, ens besluit.

  2. Ek lees baie, koerante, tydskrifte, Internet, boeke, ens. Nou en dan sien ek iets wat die potensiaal het om my volgende liefdesverhaal te word. Ek maak ‘n afskrif van die artikel, of skryf die idee in ‘n boekie neer. Alles word nie noodwendig stories nie.

  3. Meestal dmv gesprekke rondom my wat my aandag vasvang, maar ek is ook lief om artikels te lees en soms is daar net ‘n klein iets in wat my aan die binnekol van ‘n storie laat dink – en daarvandaan bou ek vooraan en agteraan.

  4. Enigiets kan tot ‘n storie lei. Soms is dit ‘n droom, gebeure om my, mense of plekke op foto’s of ‘n gedagte wat ontstaan terwyl ek ‘n fliek kyk. Partykeer kom ek op ‘n plek wat my inspireer as agtergrond vir ‘n storie en skep die karakters later, ander kere tree die karakters eerste na vore en lei hulle my na die plek waar die storie afspeel.

  5. Soms is dit iets in my eie lewe wat ek probeer verwerk deur daaroor te skryf. Ek het al randkarakters in van my stories ontmoet wat my so fassineer dat ek net hulle stories moes vertel. Dan het ek al ‘n hele paar boeke geskryf waar die titel net eenvoudig in my kop in geva,l en ek dan die storie daarom geweef het.

  6. Wanneer ek bad of stort leef ek heerlik in ‘n fantasiewêreld en dagdroom tog te lekker. Daar broei dan soms stories uit. Koerant- en tydskrifartikels bring ook soms stories. Ek vra dan baie keer ‘wat as …’ en probeer ‘n ander verloop aan die storie gee. Soms blaai ek deur ‘n woordeboek en sal sekere woorde vir my ‘n storie word. Soms gebeur dit dat ‘n mooi advertensiefoto my verbeelding so kan prikkel dat dit ‘n storie word..

  7. Om idees te kry vir stories het baie te doene met jou ingesteldheid: ’n skrywer is ’n hengelaar, wat altyd haar net gereed moet hê om idees te kan vang in die wêreld waar sy beweeg. Soos almal hier bo sê, kan idees op enige plek wees: ander mense, iets wat jy lees, iets wat jy raaksien, iets wat jou hinder. Die geheim is om jou oë en ore en jou hart (o,veral jou hart) oop te maak vir die lewe.

  8. Soms trigger ‘n blote naam ‘n storie, soms iets wat mense sê. Ek luister graag wat mense praat en kan hulle ure dophou. Dit kan ‘n idee in my kop plaas, maar dan moet die storie uitgedink word.

  9. Ek besluit op ‘n tydvak wanneer ek die storie wil laat afspeel. Meeste van my stories speel in Namibië af en ek geniet die “ou” tyd meer as die moderne. Daar was soveel karakters en stories dat ek meeste van die tyd in die geskiedenis gebly het.
    Baie dinge soos Mari sê, kan ‘n storie af trigger. ‘n Grappie, ‘n liedje of net ‘n sin wat anders gestel word, vorm ‘n karkater en daarom bou jy ‘n storie.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s