Die skep van vlees en bloed karakters.

‘n Leser het onlangs vir my gesê hulle soek vlees en bloed helde en heldinne. Manne wat kan sweet en vuil word, nou en dan ‘n vloekwoord sê en so hier en daar ‘n swakheid het. Boerseuns, met ander woorde! Vroue wat nie noodwendig beeldskoon is nie, maar ‘n innerlike krag het wat hulle deur moeilike omstandighede dra.

Julle ouens wat nou besig is om ‘n nuwe romanse vir die eerste keer aan te pak, is seker nou by daardie punt: die skep van karakters vir jou storie.

Donald Maass sê in sy boek “The Fire in Fiction” dat elke mens ‘n verborge swakheid het. Iets waarvan jyself nie noodwendig bewus is nie of iets wat jy vir ander wegsteek. Dis nogal ‘n aspek wat ek dink jy met groot vrug sal kan gebruik by die skep van karakters vir romanses.

Die heldin kan miskien sterk en onafhanklik wees, maar ‘n verborge behoefte hê aan ‘n man wat haar sal versorg en vertroetel wanneer dit nodig is. Sy sal jou vertel sy haat mans wat haar vertel wat om te doen, maar wanneer daardie einste man haar in sy arms neem, smelt sy!

Die held kan byvoorbeeld ‘n diepgesetelde begeerte hê om iemand van sy eie te hê, maar hy erken dit nie aan homself nie en wys dit beslis nie aan ander nie, maar dit dryf tog sy handelinge sonder dat hy dit eers weet. Hy soek vrou. Dink net hoe heerlik jy dit in ‘n romanse kan gebruik!

Advertisements

One comment on “Die skep van vlees en bloed karakters.

  1. Gelukkig is die neiging deesdae om helde en heldinne te skep wat nie meer so onrealisties volmaak is soos baie van die ouer boeke s’n nie. Maar, hoewel hul menslik kan wees, moet die leser nog steeds op die held kan verlief raak en met die heldin kan identifiseer. Vir my is die heel belangrikste dat hulle albei altyd mense van integriteit moet wees.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s