Lus vir ‘n hamburger?

Hier is ‘n opsomming van die hamburger-tegniek wat ons by die skyfkursus bespreek het. Dis baie nuttig as ‘n model vir opbouende kritiek vir enigiets (boeke, flieks, enigiets) en werk ook goed as ‘n metode om ‘n brief met ‘n klagte so te motiveer dat die ontvanger nie die harnas in gejaag word nie.

Sien die broodjie weerskante van die vleis as positiewe input. Die vleis is dan die (opbouende) kritiek wat jy oor die betrokke saak het. Jou bespreking begin dus met ‘n paar positiewe punte, beweeg dan aan na ‘n paar negatiewe punte (wat jy op ‘n positiewe, opbouende manier formuleer) en sluit dan weer af met ‘n paar positiewe gedagtes.

Hierdie metode maak dit makliker vir die uitdeler en die ontvanger van kritiek. Dis ook ‘n goeie manier om in die gewone lewe enige netelige kwessie met iemand op te haal.

Advertisements

3 comments on “Lus vir ‘n hamburger?

  1. Wanneer ‘n mens ‘n aspirant-skrywer se werk beoordeel, is dit teenproduktief om hom/haar bloedbek te gooi met ‘n chop. Daarmee gaan jy die persoon net krenk en ontmoedig. Die hamburger-metode is nie ‘n manier om die waarheid te omseil nie, maar om dit in hanteerbare (verteerbare?) vorm te verpak. Hierdie soort kritiek is nie bedoel om te krenk nie, maar om verbetering en groei aan te moedig. Dit vermy nie negatiewe dinge nie, maar gee ook aandag aan die positiewe (wat daar ALTYD is, selfs in ‘n swak manuskrip).
    Ook in menseverhoudings is dit nogal ‘n kuns om altyd aan die positiewe ook aandag te gee. Om die harde waarheid kaalvuis links en regs uit te deel maak meestal net seer en bring baie min groei en vordering tussen mense.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s