Welkom alle aspirant-skrywers!

Hiermee ‘n spesiale welkom aan al die wonderlike kreatiewe mense wat vandag (Don. 10 Junie) se skryfkursus vir liefdesverhale by Lapa se Kaapse kantoor in die Tygerberg Waterfront bygewoon het. Julle het ons verstom met jul entoesiasme en kreatiwiteit.

Daar het wonderlike idees na vore gekom, ‘n hele klomp fantastiese helde en heldinne het uit die praktiese oefeninge na vore getree. En die twee dapper manne wat dit gewaag het tussen die klomp vrouens, het dit gate uit geniet!

Ons hoop julle – en enige voornemende of gevestigde skrywer – gaan nog dikwels hier kom kuier, jul vrae stel en jul wyshede deel!

(En ja, Marile Cloete is eintlik Alta Cloete – en sy is nie heeltemal so mooi soos haar hond nie!)

Advertisements

One comment on “Welkom alle aspirant-skrywers!

  1. Sy weet net honde kry meer aandag en penskrappies! Nee, ek het nie ‘n hond nie. Tel ses nagapies?

    Welkom van my kant af ook. Ons hoop ons gaan saam met elkeen van julle die dag beleef wanneer jy jou eerste meesterstuk in jou hand hou!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s