Terugblik: Maklik om ‘n romanse te skryf? Nooit gesien nie!

Baie mense dink dat skrywers romanses sommer in ‘n japtrap kan uitryg, so asof hulle dit van ‘n boom kan afpluk, want dit lyk dan so maklik!  … totdat hulle self probeer om dit te doen. Iemand het tereg gesê dat dit die heel moeilikste genre is om te skryf, juis omdat dit oor verhoudings handel en verhoudings is uiters ingewikkeld. Sielkundiges bevestig dit en egskeidingsyfers beaam dit.

Die romanselesers is slim, uiters belese mense en as jy ‘n halfgebakte ou storietjie aan hulle probeer opdis, is jy vinnig van hul leeslys geskrap. Statistieke bewys dat bykans 60% romanselesers gegradueerde, professionele mense is en die romanseskrywer kan dus nie waag om haar leser te onderskat of te laat slap lê nie.

Die romanse handel oor mense en hul emosies en dit maak dat die skrywer deeglik moet beplan en diep moet delf  om die komplekse binnewerke van haar karakters geloofwaardig te kan weergee.

Romanselesers is ook gulsige lesers en uitgewers moet net byhou om genoeg vir die mark te kan produseer. Daar word jaarliks meer as ‘n honderd nuwe Afrikaanse romanses uitgegee, meer as enige ander genre, en die lesers hou aan vra vir meer.

Advertisements

11 comments on “Terugblik: Maklik om ‘n romanse te skryf? Nooit gesien nie!

  1. Is beslis waar. Ek is baie lief vir lees, en sodra ek nie ‘n boek geniet het nie – is die kanse maar skraal dat ek weer n boek sal optel en lees van daardie spesifieke skrywer. Ongelukkig verander jou “skryfstem” nie sommer nie, net jou tegniek.

    • Ja, Lelani, maar dis soos dit seker hoort. Smaak verskil gelukkig, nè? So elke skrywer het maar sy/haar aanhang. Maar voordat jy nie een boek van ‘n skrywer deurgelkees het nie, sal jy nie weet of jy van daardie een se skryfstem hou nie.

  2. Al is die eindresultaat ‘n lekker storie wat die leser dikwels binne ‘n dag of twee verslind, is die skryf daarvan glad nie so maklik nie. Mens moet behoorlik kopkrap om dinge vloeiend, interessant and logies te hou. Om van oorspronklik en feitelik korrek nie te praat nie. Geloofwaardig ook, met net genoeg raaisels en konflik om die slim romanseleser te boei, maar nie so baie dat dit ‘n deurmekaarspul word nie. En DAN is daar nog ‘n paar honderd taalreels om in gedagte te hou . . . “maklik”, ne!

  3. Madelie, ek is maar nog ‘n beginner, maar met baie hulp en genade van Bo, (en ‘n geduldige uitgewer wat bereid is om ‘n groentjie ‘n kans te gee) word my eerste romanse een van die dae gepubliseer. Terloops, hierdie blog is van groot hulp, ek het dit van voor tog agter verslind en spesiaal ‘n boekmerk op my foon gesit 😉

  4. Dankie, dis so lekker as ‘n droom waar word. Vergewe my as ek op die stadium nie my skryfnaam verklap nie – dit lyk my ek skryf op my lekkerste as dit anoniem kan geskied! Vreemd…

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s