Mans wat liefdesverhale lees

Oor die algemeen sal ‘n man kaalvoet oor ‘n witwarm plaat kole loop eerder as om ‘n ‘softie’ of ‘n ‘sissie’ genoem te word. Ongelukkig sal ‘n voorliefde vir die lees van liefdesverhale hom een van daai neerhalende benaminge op die hals haal.

Ons het die afgelope week ‘n baie interessante en insiggewende gesprek gehad met so ‘n man wat dapper genoeg is om openlik (of so lyk dit) te erken dat hy ‘n romanse kan geniet en lustig daaraan lees. (Klik op ‘Kom gesels saam’ en kyk wat  sê hy daar)

Komaan, julle manne, laat hoor gerus van julle. Ons wil weet wat dit is wat jy geniet. Wat het gemaak dat jy die eerste een optel en wat het jy so geniet dat jy dit weer en weer sal doen?

Vertel, seblief!  Jou ‘geheim’ is veilig by ons! Jy kan mos ‘n skuilnaam gebruik as jy wil!

9 comments on “Mans wat liefdesverhale lees

  1. Nou nie ‘n liefdesverhaal nie, maar dieselfde beginsel geld seker

    Ek was nogal agter die klip gewees met Dit is ek, Anna. Was altyd op my leeslys gewees, maar eendag wat ek dit raaksien in die biblioteek. Daar was mos geen haas nie.

    In elk geval, so word my belangstelling geprikkel eendag en ek gaan koop die boek op die daad. Lees dit en is amper spyt dat my besuiniging my solank van die boek gehou het. Vat dit huis toe vir die res van die gesin om te lees.

    Daar vertel my jonger broer ons hy het al lankal die spesifieke boek gelees. Sonder om te blik of te bloos.

    Om jou vraag te beantwoord – my pa en veral my een broer sal maklik ‘n roman lees. Hulle is Butch Macho manne, soveel so dat hulle image dit kan hanteer om met ‘n liefdesverhaal betrap te word. Hulle gaan beslis nie skelm lees nie. Dit sal net nie hulle eerste keuse wees nie.

    • Xena stuur vir my die boek, Dit is ek Anna. Het dit nie gelees nie, maar my pa het dit baie jare terug gelees en nou annerdag toe praat ons so oor stories en boeke en hy vertel van die boek.

      Ek lees ook romanses van tyd tot tyd, gewoontlik nadat liefie eers haar hart uitgehuil het en die traan bedrupte blaaie droog is, sal ek dit lees, sommige helemal deur en anner net so hier en daar en ek lees die Sarie ok. Eintlik is ek versot oppie Sarie en kan nie wag dat Liefie dit neersit nie.

      Is my pa ‘n fyn man? Gladnie: vorige geslag huishoof en al daai man goed. Is ek ‘n moffie? Ag se gat my skat, rof en onbeskof, maar ek is oortuig meeste mans het ‘n sawwe kant ook, wil dit net nie erken nie.

      Ek het vrinne, jagters, bouers, boere wat sommer lekker emosioneel kan raak, soms huil ons so in ‘n koortjie as die geleentheid dit voordoen. Pa het altyd geseg cowboys don’t cry, wel ek was nooit ‘n cowboy nie, net cowboy flieks gekyk, maar huil dit sal ek as dit moet en soms, sommer net.

  2. Dankie, Bloedbek. Ek hoop die manne wat dink dis net sissies wat huil en wat ‘n liefdesverhaal kan waardeer, lees hierdie.

    Sê my, het jy al ‘n Romanzaboekie gelees? Ek is nuuskierig om te weet of jy dalk al van ons boeke gelees het. Vertel bietjie!

  3. Hi, ek moet erken dat ek ook so af en toe romanza lees. Dit het seker begin toe ek jonger was en my ma se Rooi Rose opgetel het om te lees en dan was die stories aan die agterkant al wat my belangstelling geprikkel het. Ek is nooit aktief op soek na hulle nie, maar as ek eers begin lees, kan ek nie ophou nie.

    Dit is lekker om die vroulike perspektief van verliefdheid in te sien en ‘n man kan dalk ‘n wenk of twee uit die stories vang oor hoe om ‘n dameshart te bekoor.

  4. Ek weet nie of ek al romanza boekies gelees het nie, dink nie so nie. Dalk het ek, maar is nie sekeker nie. Is die Rooi rose kortverhale en landbou weekblad kortverhale romanza?

Lewer kommentaar op kaneelsuiker Kanselleer antwoord