Hygroman vs. Romanse

Daar word heel dikwels in die media na die romanse as die ‘hygroman’ verwys. Dis ‘n neerhalende term wat deur oningeligtes uitgedink is – onoorspronklik en slegs ‘n nabootsing van die Engelse term ‘boddice ripper’.

Die Romanza reeks waarvoor ek skryf, kan beslis nie as sulks beskou word nie. Ons het weliswaar ook bygehou met die tye en ons romanses sluit ook deesdae soms meer intense liefdestonele in, maar nie noodwendig in elke boek nie en dis ook nie naastenby so eksplisiet as in die boeke van ons Britse en Amerikaanse kollegas nie.

Die moderne, gesofistikeerde leser verwag darem nie meer van ons om die verliefde paartjie voor die kamerdeur te laat omdraai nie. Sy verkies ‘n liefdestoneel wat in goeie smaak uitgevoer is. Dit is vir enige romanseskrywer ‘n uitdaging en soms nie maklik nie.

Die verhaal en die karakters self bepaal of die skrywer ‘n liefdestoneel gaan invoeg of nie. Soms is ‘n liefdestoneel noodsaaklik omdat dit tog die kulminasie van die romantiese liefde tussen man en vrou is en soms sal dit heel oorbodig en onnodig wees, veral as die heldin ‘n onskuldige meisie is. Ons by Romanza voeg dit ook nie in as die paartjie nie reeds emosioneel betrokke is en ook verbonde aan mekaar in ‘n langtermynverhouding is nie. Seks ter wille van die sensasiewaarde daarvan is uit wat ons aanbetref.

Die grootste uitdaging vir elke romanseskrywer is om haar leser se tone behoorlik te laat krul van pure lekker terwyl sy saam met die heldin van die verhaal op die held verlief raak. As sy dan nou ‘n klein bietjie uitasem raak in die proses, het die skrywer mos uitstekend in haar doel geslaag!

Advertisements

6 comments on “Hygroman vs. Romanse

  1. “…haar leser…”

    Ek is so half geneig om saam te stem. Mans verstaan, dalk te min, of te veel, van die vroulike psige om romanses te skryf…

    Wat is jou siening? Kan net vrouens romanses skryf?
    Indien ‘n man ‘n romanse skryf, uit wie so oogpunt moet dit eerder wees? ‘n Man of ‘n vrou s’n?

    • Hallo, Chopper!

      Ons het ‘n paar heel suksesvolle manlike romanseskrywers in die land en hulle skryf uit die vrou sowel as die man se oogpunt. Jaybee Roux is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan.

      Tradisioneel is die romanse net uit die heldin se oogpunt en dikwels vind mans dit moeilik om die vroulike perspektief suksesvol weer te gee, maar dis beslis nie onmoontlik nie. ‘n Skrywer wat sy sout werd is, kan dit doen.

      Ek skryf dikwels uit ‘n man se perspektief en ek vind dit nie moeilik nie. Ek glo ek slaag daarin om hom soos ‘n man te laat dink en doen. Net so kan ‘n manlike skrywer mos die teenoorgestelde doen!

      Sjjj … moenie vir my vroulike kollegas sê ek sê so nie, want ek mag dalk teenstand kry!!

  2. Die term hygroman impliseer vir my dat seks die hooffokus in die storie is, en dis nie wat ons doen nie. By Romanza gaan dit altyd oor veel meer as seks – dit gaan oor die emosie, die ontwaking en groei van die egte, ware liefde wat die toets van die tyd sal deurstaan.

    • Hoor, hoor! Seks ter wille van seks, is uit – aldus Chanette Paul, ons verhaleredakteur.

      Chopper, manlike skrywers is geneig om seks die hoofbestanddeel van ‘n romanse te wil maak. Die vrou stel weer meer belang in wat gebeur op emosionele vlak, eerder as die fisieke. Ons lesers is 98% vroulik, daarom fokus ons meer op die ontwikkellende liefdesverhouding.

  3. Ek dink as alle mans ten minste een goeie liefdesverhaal lees, hulle hul opinie daar omtrent sal verander. Daar is diepte en humor. Liefde en soms tot haat. Vergifnis en aanvaarding. Omdat dit uit ‘n vroulike oogpunt geskryf word, kan dit net dalkies mans help om ons vrouens te verstaan.

    • Ek dink dis ‘n WARE man wat bereid is om aan sy sagter kant erkenning te gee. Gaan dit wat hy lees dan afbreuk maak aan sy manlikheid? Indien wel, was sy manlikheid maar effens gewees in elk geval.

      Dit gaan oor persepsies. Mans word grootgemaak (en dis dikwels hul ma’s se skuld) met die idee dat manlikheid gemeet word aan uiterlike dinge soos byvoorbeeld wat hulle lees, watter flieks hulle geniet, hoeveel geld hulle verdien, watter motors hulle kan bekostig ens. As hulle net daarby verby kan kyk, sal hulle heelwaarskynlik minder hartaanvalle en beroertes kry en die lewe in sy volheid meer kan geniet!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s