Terugblik: Wanneer jy ‘n romanse lees …

  • Veroorsaak dit ‘n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel
  • Verlig dit stres op ‘n natuurlike manier
  • Ervaar jy ‘n gevoel van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan
  • Kry jy insig in jou eie verhoudingsprobleme

En Het jy geweet:

  • Dit dra by tot die vrou se bemagtigingsproses omdat die heldin ‘n vrou in eie reg is
  • Die romanseleser is die mees belese leser in die wêreld. Hulle is sterk, intelligente en kreatiewe vroue wat presies weet wat hulle wil hê.
  • Sielkundiges stem saam dat die romanseleser warm, vriendelik en sensueel is.
  • Daar is omtrent 2% mans wat romanses  lees. Slim mans!

4 comments on “Terugblik: Wanneer jy ‘n romanse lees …

  1. Kaneelsuiker, ek neem aan jy is een van die 2% mans. Mooi so! ‘n Man wat die mooi kant van die lewe kan waardeer, is inderdaad ‘n slim man. En jy kan dit maar erken ook, dit neem ‘n ware MAN om te kan sê dat die liefde vir hom mooi is en dat hy liefdesverhale lees omdat dit hom goed laat voel.

    Wanneer ek ‘n romanse lees, word ek die heldin van die verhaal en raak ek telkens saam met haar van voor af verlief en beleef ek saam met haar die ekstase en die wonder daarvan. Wat meer wil ‘n vrou hê? Daarom verslind ek hulle!

    Dit kan mos dieselfde vir ‘n man ook werk. Hy kan weer saam met die held op die heldin verliefraak. Het jy al een van my romanses gelees? Klik ‘n bietjie op die bladsy waar my romanses beskryf word en probeer een. Ek sal baie graag wil hoor wat jy daarvan dink!

    Ons boeke is beskikbaar by CNA, Exclusive Books, Graffiti Boeke en ook op die ‘net by:

    http://www.lapa.co.za
    http://www.kalahari.net
    http://www.loot.co.za
    http://www.graffitibooks.co.za

    Besoek gerus ook ons lesersblog by: http://www.romanzalesers.wordpress.com

    Lekker lees!

Lewer kommentaar op kaneelsuiker Kanselleer antwoord