SKRYWERONTWIKKELING

'n Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Marile Cloete: Wat maak van ‘n goeie skrywer ‘n uitstekende skrywer?


1. Sy het duidelikheid oor wat haar werklike passie in die lewe (of haar skryfwerk) is. As sy nog nie weet nie, soek sy met entoesiasme! nuskrip wat nie wil vlot nie, die kortverhaal wat afgekeur word, die boek wat swak verkoop … Sy byt vas!

2. Sy bly getrou aan daardie passie ten spyte van moontlike terugslae.

3. Sy doen wat sy moet doen met energie en entoesiasme – en laat haar nie deur die ouderdom afskrik nie. Veral as sy ‘n late bloomer is (soos heelwat van ons, lyk dit my).

4. Sy bly voortdurend bou aan menseverhoudings en versamel positiewe mense rondom haar. Ons skryf oor verhoudings – practice what you preach!

5. Probeer om andere te inspireer en op te bou wanneer die geleentheid daar is. En waar werk dit beter as op die blog?

6. Glo in langtermynverhoudings – en laat haar fiktiewe verhoudings ook kwaliteitverhoudings wees.

7. Gun ander mense hul plekkie in die son. Al weet sy haar boek was baie beter …

8. Plaas mense altyd voor dinge – selfs voor haar skryfwerk!

9. Kyk goed na haar gesondheid – sodat sy nog laaaank kan aanhou. Sy kliek net op zoom as die ou oë nie meer wil byhou nie.

10. Bly glo in die liefde en alles wat goed is ten spyte van al die bewyse van die teendeel in die media. En daarom skryf sy liefdesverhale.

11. Bly glo in die potensiaal van ander mense. Daarom kan die bad guy ook soms die held word!

12. Bly lojaal aan diegene wat van die begin af by haar gestaan het – selfs al word sy beroemd!

13. Word ‘n simbool van die goeie in die kring waarin sy beweeg. Op die blog en in haar familie- en vriendekring. En by haar lesers, hopelik.

14. Glo (en hoop) haar werk kan ook eendag dien as voorbeeld en inspirasie vir ander skrywers. Lewer daarom altyd haar heel beste.

15. Verloor nooit haar sin vir humor nie.

16. Volg haar hart en doen wat vir háár reg is. Selfs al dink die keurders nie so nie …

17. Bly terselfdertyd altyd professioneel en behandel ander skrywers (en mense oor die algemeen) altyd met respek. En waar is ‘n beter oefenplek hiervoor as die Skrywerskring?

18. Voer ‘n lewe van integriteit. En dit wys in alles wat sy doen (en skryf).

19. En natuurlik: sy LEES en LEES en LEES …

20. EN SY HOU NOOIT OP MET SKRYF NIE!

3 Kommentaar

  1. Wat is die rëels vir die begin van ‘n boek, die hoeveelheid woorde en tikrëels, ek wil baie graag weer probeer

  2. Jy moet heel eerste die spesifikasies van uitgewers uitvind anders mors jy kosbare tyd. Sodra jy besluit het watter genre jy wil skryf en vir watter uitgewer, kan jy jou boek begin beplan volgens die vereistes van die uitgewer.

    Lees gerus die artikel hier langsaan op regs: Linelle Venter: Beplanning vir ‘n romanse.

    Neem jou tyd en lees al ons inskrywings op hierdie blog en ek is seker feitlik al jou vrae sal beantwoord word. Lees ook al die kort artikeltjies onder ‘Blogroll’, dis so goed soos ‘n skryfkursus vir beginners.

  3. Die wenke vir ‘n “uitstekende skrywer” is goud werd. Dankie.

Wat dink jy??

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 29 other followers