PNSkryf Skryfskole
PNSkryf Skryfskool:
As jy dalk in Pretoria is of iemand ken wat graag sal wil leer skryf, is hierdie ‘n goeie beginpunt. Miskien kan ons dit ook op die Lesersblog sit vir die lesers wat graag sal wil leer en wonder waar om te begin. Wat dink jy Marile? Vir vyf opeenvolgende Saterdae, gaan hulle die volgende modules hanteer:
Module 1: Hoe om ’n goeie idee in ’n goeie storie te verander
- Die skryfproses.
- Die verskil tussen waarheid en fiksie.
- Plekke waar stories skuil en hoe om dit te herken.
- Hoe om aan die skryf te kom as daar geen idees is nie of skryftamheid ervaar word.
- Hoe om ’n plot te beplan:
- Verskillende vorme.
- Beplanning van ’n plot.
- Plot as gids vir die laaste herskryffase.
- Die verskil tussen ’n plot vir ’n roman en ’n kortverhaal.
Module 2: Skep van geloofwaardige Karakters, verteller, vertelperspektief en fokalisering.
- Karakterisering:
- Ronde en plat karakters.
- Plekke waar karakters ‘skuil’.
- Voorstelling of karaktertekening.
- Verteller en vertelperspektief:
- Eerste persoonsverteller.
- Derde persoonsverteller.
- Alomteenwoordige verteller.
- Ongewone vertellers.
- Fokalisering
Module 3: Toneel-inkleding, skep van atmosfeer en hantering van beskrywing
- Toneel-inkleding en die skep van die atmosfeer
- Werklike of verbeelde plekke
- Tegnieke om atmosfeer te skep:
- Tyd
- Plek
- Gebruik van sintuie
- Wys teenoor vertel
- Beskrywings:
- Hoe om te beskryf
- Woordkeuses:
- Selfstandige naamwoorde
- Bywoorde en byvoeglike naamwoorde
- Beeldspraak, bv.:
- Vergelykings
- Klanknabootsing
- Clichés en anglisismes
- Simbole en truuks
Module 4: Dialoog en die hantering van spanning, konflik en dramatiese gegewe
- Dialoog
- Skryf van dialoog wat natuurlik klink
- Funksies van dialoog
- Verskillende vorme van dialoog
- Hoe om dialoog effektief te hanteer
- Wat sê die karakter se liggaamstaal?
- Konflik, aksie en spanning:
- Konfrontasie.
- Gebruik van emosies.
- Opbou.
- Intimiteit.
- Gebruik van beelde en atmosfeer.
- Plant van leidrade.
- Gebruik van verteller, perspektief, karakters, atmosfeer ens. om spanning te bou
Module 5: Skryf van openings- en slotparagrawe en die afronding van die verhaal
- Goeie openings- en slotparagrawe
- Wyses waarop openingsparagrawe geskryf kan word
- Effektiewe slotparagrawe
- Foute wat die meeste nuwe skrywers maak.
- Herskryf en afronding.
Hierdie skryfskool vind in Pretoria plaas en registrasie sluit 1 June 2010. Die kursus sal afskop op die 12de June 2010 en aanhou vir nog vier Saterdae daarna. Dit begin om 09:00 en eindig rondom 16:00. Kostes: R2240 vir die vyf modules. Julle kan ook vir enkele modules inskryf wat jou R510 per module gaan kos. Kostes sluit in: Koffie, tee, verversings en middagete in. Asook die kursusmateriaal en skryf oefeninge per week.
Soek jy nog inligting? Gaan kyk gerus by http://www.pnskryf.co.za/text/newskryfkursus.html vir die inskrywingsvorm en verdere inligting.
Vir meer besonderhede, kontak asseblief Trudy by 0769477244

Dankie vir die inligting. Ek is besig om te werk aan ‘n fantasie verhaal met ‘n omgewingsbewaring-tema gemik op ouderdomme tussen 10 en 16. Ek is op die oomblik vasgevang in daardie grys area iewers in die middel; die begin- en einde se hoofstukke is voltooid. Ek hoop om volgende jaar te publiseer.