SKRYWERONTWIKKELING

'n Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

SKRYFSKOLE:

9 Kommentaar

  1. Gerda Whitehorn

    Stuur asb vir my die datums van volgende jaar se herfsskool.
    gerda

    • Liezl Eden

      Laat weet my asb van skryfskole vir 2011. Ek is so lief vir skryf.

      • Marile Cloete

        Liezl, jy kan gerus vir Prof Hans du Plessis-hulle by die Potch Universiteit kontak. Kobie van Aswegen is die baie bekwame persoon wat jou al die inligting oor hulle kursusse sal kan gee. As ek dit reg het, is die groot skryfskool in April in 2011 mondig. En daar is deesdae ook in Sept. ‘n kursus vir die skrywers van romantiese fiksie.

  2. Sodra ons die regte inligting het, sal ons dit hier plaas. Loer gerus weer in.

    Die ATKV sal hulle skryfskole sekerlik vroeg in die nuwejaar begin adverteer.

  3. Hallo alle voornemende skrywers
    Ek wil net graag laat weet dat SA Vryskutskrywer ‘n hele klomp skryfkursusse aanbied vir beginners. Mense soos Jeanette Ferreira en Helene de Kock bied verskillende romankursusse aan. Ons het ook twee kortverhaalkursusse wat baie gewild is. Kom loer gerus in by ons: http://www.savryskutskrywer.co.za

  4. Dankie vir jou moeite om die inligting vir ons te bring, Leoni! Sal daar inloer.

  5. Die jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied en bekendes uit die skryfwêreld sal as aanbieders optree. DATUM: 21 Maart 2011 – 25 Maart 2011
    PLEK: Potchefstroom
    KURSUSSE: Hoe skryf ek ʼn rubriek, prosa, poësie, kinderliteratuur?Hierdie bene loop gelyktydig tydens die skryfskool.
    KOSTE: R3 000,00 per persoon wat deel. Luukse verblyf in die nuwe Puk Sports Village, Potchefstroom vir 4 nagte, ontbyt ingesluit.
    SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 4 Maart 2011
    TOELATINGSVEREISTES: Eie skryfstuk, soos hieronder uiteengesit. Vir vyf dae word daar intensief aan jou eie skryfwerk geskaaf deur skrywers, uitgewers, groepleiers en werkswinkelaanbieders. Aan die einde van die Herfsskool word ʼn bywoning­sertifikaat toegeken. Om tot die Herfsskool toegelaat te word, word daar ʼn skryfstuk gevra wat jy saam met jou inskrywing voor die sluitingsdatum, 4 Maart 2011, moet instuur met ʼn deposito van R500,00 (nie terugbetaalbaar nie). Hierdie skryfstuk van jou word deur die loop van die week in kleingroepverband met jou bespreek.
    NAVRAE
    Tel: 018 299 1783 begin_of_the_skype_highlighting 018 299 1783 end_of_the_skype_highlighting
    Faks: 018 299 1784
    kobie.vanaswegen@nwu.ac.za

  6. Atkv Skryfskool February 22 at 1:58pm Reply • Report
    Die ATKV-Skryfskool word mondig! Nog net twee weke voor die sluitingsdatum vir inskrywings vir die Herfsskool 2011 wat vanaf 21 – 25 Maart in Potchefstroom plaasvind.

    Skakel 018 299 1783 begin_of_the_skype_highlighting 018 299 1783 end_of_the_skype_highlighting of stuur vandag nog ‘n e-pos aan kobie.vanaswegen@nwu.ac.za om jou plek te verseker.

  7. ATKV-SKRYFSKOOL

    LENTESKOOL VIR
    LIEFDESVERHAALSKRYWERS

    Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit in samewerking met LAPA Uitgewers bied van 1 – 3 September 2011 die jaarlikse slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

    Hierdie slypskool van drie dae, wat plaasvind by die PUK Sports Village van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, is ʼn praktiese slypskool vir enigiemand wat ʼn liefdesverhaal wil skryf.

    Leon van Nierop, Sophia Kapp, Madelie Human en personeel van LAPA en die ATKV-Skryfskool gaan as aanbieders optree en fokus op die liefdesverhaal.

    Die koste vir hierdie slypskool is R2 500,00 per persoon wat deel (2 persone per kamer). Dit sluit luukse verblyf in die nuwe PUK Sports Village
    vir 2 nagte en ontbyt in.

    Kursusgangers moet asseblief ’n kortverhaal met ‘n romantiese strekking (ongeveer 1 500) woorde of ‘n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum aanstuur na: Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

    Die sluitingsdatum vir inskrywings vir hierdie slypskool is Vrydag, 12 Augustus 2011.

    Vir meer inligting kan u skakel met Kobie van Aswegen by 018 299 1783 of e-pos: Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za

    NAVRAE

    Tel: 018 299 1783
    Faks: 018 299 1784
    Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za

    POS INSKRYWINGS AAN:

    Die Direkteur
    ATKV-Skryfskool
    Noordwes-Universiteit
    Privaatsak X6001
    POTCHEFSTROOM
    2520

Wat dink jy??

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 29 other followers