SKRYWERONTWIKKELING

'n Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

GESELS

Hierdie is ‘n ruimte geskep vir gesprekke tussen Alta, Linelle en Madelie,  medeskrywers en aspirant-skrywers.

Lesers, ons hoor graag wat julle dink van romanses in die algemeen, maar ons wil ook hoor wat julle van die Romanzareeks in die besonder dink.

Aspirant-romanseskrywer, ons wil hoor van jou droom om te skryf en sal graag jou vrae beantwoord as ons kan.

JY KAN JOU KOMMENTAAR OF VRAAG OP ENIGE BLADSY LOS. ONTHOU DIT SAL VIR JOU LYK ASOF DIT VERDWYN, MAAR SODRA ONS DIT GOEDKEUR, SAL DIT WEER VERSKYN EN SAL ONS JOU BEANTWOORD. LOER DUS NA ‘N PAAR URE WEER IN OM ONS REAKSIE TE SIEN.

64 Kommentaar

  1. Arien Lubbe

    Wanneer ‘n heldin weet sy is verlief/aangetrokke/lief vir die held en hy stuur reeds die seine. Hoe hou jy die spanning tussen hulle twee lewendig tot aan die einde? Ek sukkel soms om die twee uit mekaar se arms te hou.

    • Dis seker elke romanseskrywer se grootste probleem. Jy moet soveel as moontlik struikelblokke in die tweetjies se pad plaas en jou weerhou daarvan om die probleme te gou te wil oplos. Die versperrings wat die groot liefdesverklaring verhoed, moet ook goed gemotiveer wees en daardie motivering moet in die emosies van jou karakters gefundeer wees. Dan is jou storie karaktergedrewe en emosiegedrewe in plaas van gebeuregedrewe. Dit verg goeie beplanning voordat jy begin skryf. Die heldin moet tot op die laaste bladsy wonder of hy vir haar lief is.

  2. Hettie Beer

    En jy weet hoe. Ek raak so opgewonde terwyl ek jou boeke lees en wil die tweetjies altyd net aan help.

    • Ek raak net so opgewonde terwyl ek skryf. Ek is bly om te hoor die lesers voel ook so.

  3. Rene Booysen

    Ek het ” Om Ben lief te he” baie geniet en is bly om te sien dat daar ‘n boek 2 en 3 volg. Ek gaan hulle beslis kry.

  4. Wikus Jacobs

    Madelie,
    Jammer vir die ongenooide kuier by Romanza skrywersblog. Dankie vir jou vriendelike E-mail.
    Ja, ek lees wel jou boeke (my vrou koop en ek lees lustig saam!), en ek ondersteun die Vrystaat rugbyspan.

    Ek glo dat waarvan die hart vol is, loop die pen van oor. Dit is hoekom jy sulke raakvat boeke skryf.
    Doen so voort!

    • Hallo Wikus!

      Vrystaat? Dis my span daai!(moenie vir my man sê nie!) Ek het in Bloem geswot.

      Baie bly om ‘n manlike leser te ontmoet. Wat bedoel jy met ‘raakvat’? Ek is nuuskierig om te weet.

      ‘n Romanseskrywer moet absoluut glo aan ware liefde, anders sal haar stories ongeloofwaardig oorkom.

      As jy van enige van ons ander skrywers se boeke ook hou, besoek hulle gerus op die lesersblog by http://www.romanzalesers.wordpress.com en lewer kommentaar daar op hul onderskeie bladsye. Hulle sal jou opinie hoog op prys stel. Ons wil bitter graag meer van ons manlike lesers hoor.

  5. Great! Jy het ‘n manlike leser, bewonderaar. Wys jou net, ons wonder en wonder oor die manlike lesers van romanse en hier is sowaar een wat nie te skaam is om te erken hy lees dit nie. Mooi.

  6. Bets Smith

    Jou gelukkige vrou! Wat sê die statistiek nou weer van die ‘silent majority’? Ek kan nie meer onthou hoeveel % moet jy byreken vir elke 1 brief of reaksie nie. Sal iewers by ‘n koerant moet uitvind. Groetnis!

    • Vind gerus vir ons uit, Bets!
      Dalk is Wikus ook ‘n fan van jou! Ek hoop hy reageer weer later.

      Wikus, die klomp Romanzaskrywers is nou baie nuuskierig om die opinie van ‘n man wat al ‘n klompie Romanzas gelees het, te hoor.
      Hulle wil weet:

      1. Aanvanklik het jy dit begin lees bloot omdat jou vrou dit koop, maar hoekom lees jy dit steeds?
      2. Jy sê jy lees ‘lustig’, wat geniet jy in ons boeke?
      3. Hou jy byvoorbeeld van die gedeeltes waar ons die storie uit die oogpunt van die man beskryf?

      Komaan, jy wou saamgesels. Nou moet jy SAAMGESELS!!

  7. Wikus Jacobs

    Hi Madelie,
    Ek moet my brood ook nog verdien!
    Eerstens: Met raakvat bedoel ek jou karakters is sterk en betroubaar. Om ‘n karakter te kan beskryf wat nie ‘n “papierheld” is nie, maar wel ‘n mens met sy eie foute en tekortkominge is baie moeilik.Tog is jou hoofkarakters is nie altyd die mooiste en sterkste persone in ‘n honderd seemyl nie, maar kan enige persoon wees wat jy in Pick en Pay of die Kooperasie kan raakloop. Ek kan hulle sien as mense met skurwe hakskene van te veel in die landerye loop of wat na petrol ruik en nog steeds elegant is.(Genoeg is Genoeg) Jou karakters is nie gode en godinne nie en ek kan myself as die held vereenselwig.
    Tweedens: Ja my vrou het julle boekies eerste gelees en ek lees alles (letterlik) wat ek in die hande kan kry. Die wereld in boeke het my van kleins af gefasineer en daar is min reekse wat ek nie verslind het nie. Afrikaans en Engels. (Sal later vertel hoe ek my eerste Romanza gelees het )
    Derdens: Ek het baie van Mari Roberts se “Fasade van die Hart” gehou. Haar manier om die intieme met ‘n paar woorde te beskryf was heerlik en laat enige persoon wat dit lees in sy eie gedagtes die belewing en eie ervaring in sy gedagtes self aanvul. Afrikaans verleen hom nie altyd om die intieme te beskryf nie, maar sy doen dit baie goed.
    Bets Smit se “Soeter as huining” het ek vandag raakgeloop en gaan hom vanaand verslind.

    Lekker dag.

    • Bets Smith

      Ag Wikus, laat weet tog of jy die storie geniet het of nie. Soos ek sê terugvoer is skaars! Ek dink in elk geval jy is heel OK om sonder vooroordeel te lees – maak nie saak wat nie. Mag jou oë en jou leeslus vir ewig hou!
      Groetnis.

      • Wikus Jacobs

        Bets,
        Jammer ek skryf sommer op Madelie se geselshoekie – Ek het jou boek “Soeter as heuning” waarlik geniet. Ek wil net graag weet wat beteken die sin op bl. 44, “Sy hou die kom en gaan in die straat dop terwyl hulle motor toe stap,”
        Is dit ‘n geheime boodskap aan jou geliefde of net ‘n drukkersduiwel?
        Miskien moet ek julle proefleeswerk gaan doen? (Dan kan ek al die stories eerste lees!)

        Is daar miskien ‘n vollengte “Agatha Christie” of “murder she wrote” erens in jou pen weggesteek? Sonder die beperkinge en reels van die tradisionele Romanza?
        Ek dink jy het die talent daarvoor
        Groetnis

        • Wikus Jacobs

          Bets,
          Ek vra neederig om verskoning – toe ek weer die sin lees maak dit 100% sin, dit wys jou net as jy half een in die oggend lees kan die woorde soms rondspring! Jammer weereens.
          Groetnis

          • Bets Smith

            Ek gee regtig nie om waar jy reageer nie, solank jy gesels! En ek skryf nogal deurmekaar. Ek het net gesit en dink hoe kan ek die sin fix, toe sien ek die verskoning. Wat die misdaad-ding betref: daar is op die oomblik ‘n manuskrip van my wat ek moet regsien om presies in die misdaad genre te pas, want soos hy nou is, is hy te voorspelbaar en die skelms word te vroeg herken. Maar ek gaan hom tog probeer klaar- en persgereed kry. Hou seblief duimvas!
            groete
            Bets

  8. anngert

    Wow! Mag daar meer manne soos Wikus wees.

  9. Wikus, ons het waardering vir die feit dat jy met ons gesels, al is jy besig. Dankie, hoor! Dis net dat ons manlike lesers verkies om nie te praat oor die feit dat hulle ook ‘n sagter kant het wat liefdesverhale kan geniet nie en dit lyk asof jy met ‘n oop kop lees. Besoek ons gerus weer en laat weet ons wat jy van ons werk dink. Selfs kritiek is welkom, want dan kan ons verbeter.

    PS. Vertel seblief! van die eerste Romanza wat jy gelees het. Kan jy nog onthou watter een dit was?

  10. Wikus Jacobs

    Ek moes ‘n drie dae konferensie in die Drakensberge bywoon. Dit sou begin die Sondagaand om 19h00. My tyd skedule loop verkeerd en ek is heeltemal te vroeg. Gelukkig kry ek een van my vrou se romanza boeke in die kar en gaan sit en lees op ‘n bankie in die tuin om die tyd verby te kry. Gereeld is daar ‘n jong dame wat verby my loop en ook na die berg tuur wat so kragdadig bokant ons uittroon. Ek glimlag en groet terwyl ek selfbewus die boekie probeer wegsteek. Ek het naderhand die boekie dubbel gevou sodat sy tog net nie moet sien wat ek lees nie.

    Later toe ek begin registreer, is daar ‘n probleem met my bespreking en die dame wat gereeld verby my geloop het staan oorkant die toonbank. Vriendelik het sy dadelik vir my ‘n beter suite gegee en vinnig vooroor geluin, geknipoog, en in ‘n stem wat net ek kon hoor gese: “Net die beste vir ‘n man wat romanzas lees.”

    Ongelukkig kan ek nie die naam van die boekie onthou nie.

  11. Ha ha ha!!! Uitgevang!

    Nee wat jong, ons boekies is net té herkenbaar. Die klomp skrywers gaan hierdie storie gate uit geniet!! So jammer jy kan nie onthou watter boekie dit was nie. Daardie skrywer sou sooo in haar skik gewees het om die een te kon wees wat jou as ‘n leser vir ons kon wen! Dankie, Wikus.

  12. Lendewaal

    Hie hie!
    Wikus, wat `n lekker storie en dit by die Drakensberge van alle plekke. Tien uit tien vir die dame wat jou beter verblyf gegee het. Dit is regtig wonderlik dat `n man erken hy lees en geniet ons genre. Soos Madelie hierbo genoem het – ek dink ons weet hoekom vrouens die genre geniet, maar mans kan dalk `n hele nuwe perspektief daaraan gee. Hoop jy het nog tonne ure se leesgenot!

    • Wikus Jacobs

      Lendewaal,
      Ek wil probeer verduidelik hoekom ek ‘n Romanza sal lees. (Asseblief ek lees BAIE ander boeke ook)

      Ek het nog nooit getwyfel aan my manlikheid nie. Mynersseun, rugby gespeel, 2 jaar Army, 28 jaar getroud met ‘n wonderlike vrou, 2 kinders – 24 en 21, snor en selfs ‘n klein boepie.
      Ek het al die werklike lelike en wrede in die wereld gesien beleef en self ervaar. Dit breek jou menswees af en maak al jou sintuie, gevoelens en ervaringe stom en dof.
      Met die sories kan ek ook weer glo aan die mooi, die suiwer die hoop en verwagtinge wat die skrywers uitbeeld. Dit wys my daar is wel mense wat die mooi in die lewe raaksien en beleef en ek is nie die enigste simpel romantikus nie.

      Groetnis

      • Om ‘n romantikus te wees, is beslis nie simpel nie. Hoop en ‘n toekomsverwagting is gawes wat ons Skepper ons gee om te kan oorleef in die wêreld van vandag. Dis die hoofrede hoekom ek romanses skryf – om aan ons lesers daardie hoop te probeer oordra, al is dit in hoe ‘n geringe mate.

  13. Lendewaal

    Wikus, verskriklik dankie vir jou eerlike antwoord. Jy gee my sommer moed om verder te skryf. Ek wou aanvanklik noem dat dit `n ware man vat om te erken hy lees die genre, maar was bang mense kon dit dalk verkeerd interpreteer. `n Goeie vriend van my lees ook vanaf Alistair Maclean, Wilbur Smith, Deon Meyer tot en met romanza`s toe. Hy het nogal grappenderwys gevra of dit is hoe vroue wil he mans moet optree. Terloops, ek dink ons beeld baie van ons manlike helde as romantikuste uit.

  14. Mari Roberts

    Wikus! Jy gaan defnitief in my volgende boek ‘n hoofrol speel. Net omdat jy eerlik is en nie skaam is om te sê hoe jy voel nie. Baie dankie vir jou kommentaar. Ek waardeer dit verskriklik, veral omdat dit komende van ‘n manlike lesers is. Jy moet seblief by ons lesersblog ingaan en wanneer jy ‘n boek lees die skrywer daaroor inlig en hoe jy daaroor voel. Ek wag in spanning en ek glo ook die ander. Roep jou mede troepe tot verantwoording en laat ons asseblief ook van hulle hoor.
    Mari

  15. Wikus Jacobs

    Ek het nog nie ‘n romanza gelees waar die held vir sy meisie ‘n gedig geskryf het nie, is dit teen die reels? Ek weet van baie mans wat gedigte vir hulle vrou of meisie skryf, maar omdat dit so persoonlik is word daar nooit oor gepraat nie.
    Hier is een wat ek geskryf het:

    DIE VROU MET DIE GROEN OE

    Die vrou met die groen oe
    Soveel jare verby
    Die meisie met die groen oe
    Sal sy altyd vir my bly

    Haar talente gebruik
    ‘n groot sukses gemaak
    Maar een brug te hoog
    En haar slanke hande is braak

    Sy kyk terug in die verlede
    en skrik wat sy sien
    Die liefde wat was
    wil haar nog steeds dien

    Sy hande is vas
    Sy rug gebreek
    Maar die liefde in sy oe
    Is vir almal om te sien

    Haar redding le nie in die verlede
    Haar toekoms moet sy soek
    Sy moet lewe in die hede
    Maak toe die ou boek

    Met bloedbelope oe en hande vas agter die rug
    Staar hy agter haar aan maar sy kyk nie terug

    Groetnis

  16. Wikus!! Is dit regtig jy wat dit geskryf het? Dis fantasties! Sulke werk behoort gesien te word. In my volgende boek gaan die held vir sy liefde gedigte skryf, ek belowe!

    Sjoe, dis eintlik ‘n diep gedig, nie waar nie? Ek is byna bang om te vra: Is dit ‘n verbeeldingsvlug, of uit dure ondervinding?

    • Wikus Jacobs

      Madelie, Ja dit is my eie werk. Ek voel geeerd dat so ‘n befaamde skrywer soos jy sulke mooi kommentaar gelewer het. Partykeer dink ek dit is slegs rymelary en beteken dit slegs iets vir myself aangesien ek die agtergrond en die spesifieke betekenisse van sekere woorde binne die konteks van die gedig verstaan.

      Verbeeldingsvlug of dure ondervinding? – Elkeen van ons het ons eie storie, en is baie van ons verbeelding nie maar op feite gebasseer nie?
      Miskien, eendag, sal ek my eie ware verhaal vir jou stuur.

      Groetnis

  17. Befaamd? Nee wat, jong. Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie. Ek leer elke dag iets nuuts by en sal nooit kan sê “Nou weet ek wat daar te wete is” nie. Wat ek wel weet, is dat ek gelukkig is om te kan sê ek geniet elke oomblik daarvan.

    Hou aan skryf aan jou gedigte en moet dit nie gering ag nie.

  18. villene vd westhuizen

    Hallo Madelie, toe lees ek die gedig hierbo raak, waarin ek weliswaar die sg protagonis is….. Het self al heelwat geskryf en was op my dag ‘n uitgewer (jaaaaaare gelede…) Mis dit soms. groete Villene (my skuilnaam is: Ville)

    • Ken jy dalk die digter, of raak sy gedig iets aan wat in jou verlede gebeur het? Vertel seblief meer oor jou skryfwerk?

  19. villene vd westhuizen

    Hallo Madelie,
    n.s. ekt ‘n matriekdogter wat wonderlike werk skryf – kortverhale meestal en soek eintlik na ‘n forum waar ons haar skryfwerk bekend kan stel. Enige voorstelle? Ville

    • Ken jy die webwerf Litnet? Gaan loer bietjie daar. Ek dink dis ‘n goeie beginpunt vir haar. Daar word selfs kommentaar gelewer deur ervare skrywers op beginnerskrywers se werk.

  20. villene vd westhuizen

    jitte, ek hou van sulke vinnige reaksie! Ek ken die digter goed – en die gedig was vir my geskryf. Ek skryf meestal slegs wanneer die inspirasie my beetpak en meestal gedigte en kort kortverhale wat eintlik maar in my boek filosofiese versugtinge oor die beloop van die lewe is. V

  21. Wikus Jacobs

    Hallo Vasilene.

  22. H’mmm … the plot thickens …

  23. Wikus Jacobs

    Ja, en die lewe gaan voort.

    Madelie,
    Ek glo hierdie onderwerp is menigmaal al deurgetrap, maar indien ek in die romanza genre wil skryf en ek gehoorsaam al die reels wat LAPA voorskryf behalwe EEN, wat gaan die resultaat wees?
    Ek is besig om ‘n fiktiewe storie te skryf – in die derde persoon, maar uit die oogpunt van die HELD.
    Maar ek wil dit nog steeds onder julle genre doen, wat is die moontlikheid?
    Is dit al deur die lesers (verbruikers) getoets?
    Almal streef tog om die genre te laat groei en aan te pas met die tye.
    Reels is tog net deur mense gemaak.
    Wat dink die ander lesers van hierdie Blog?

    Groetnis

  24. Wikus, ongelukkig is dit so dat ons vir ons brood en botter die vereistes van die uitgewers moet nakom, net soos jy jou werkgewer se voorskrifte moet gehoorsaam. Besoek gerus Lapa se webwerf by: http://www.lapa.co.za , klik op ‘Manuskripvoorlegging’ en lees daar wat hulle vereistes is.

    Tradisioneel word die genre slegs uit die oogpunt van die heldin geskryf. Soms word dit toegelaat dat die held ook saam met die heldin mag fokaliseer, maar omdat ‘n baie groot persentasie van ons lesers vroue is, moet ons onthou hulle wil kan identifiseer met die heldin en as die skrywer haar nie in die heldin se kop plaas nie, kan sy nie. Persoonlik het ek ondervind dat dit meer skryfvaardighede verg om beide te laat fokaliseer en sou dit nie vir ‘n beginnerskrywer aanbeveel nie.

    As slegs die held fokaliseer, mag jy vind dat die uitgewer moontlik jou boek kan wegwys (as ‘n romanse). Met die skryf van ‘n roman daarenteen het ‘n skrywer meer vryhede. Lees hier op die blog in my radio onderhoud waar ek die verskille tussen die romanse en die liefdesroman verduidelik. Dit kan jou ‘n idee gee, maar is geensins volledig nie.

    Vind weereens eers uit wat is die uitgewers se voorkeure, anders kan jy jare se moeite en tyd mors. ‘n Goeie idee is om te kyk na onlangse publikasies van die genre waarin jy wil skryf en dit sal jou ‘n goeie idee gee van wat verwag word.

    Ons het ‘n paar suksesvolle manlike romanseskrywers wat wel uit die heldin se oogpunt skryf, maar hulle erken dat dit aanvanklik vir hulle moeilik was. Dis mos waar dat ‘n man NOOIT sal weet hoe ‘n vrou se kop werk nie!

    Die ATKV bied ‘n baie goeie skryfskool aan oor die skryf van romantiese fiksie by die Potchefstroomse universiteit. Ek sal die nuutste inligting hier op die blog onder ‘skryfskole’ plaas. Gee my ‘n paar ure kans om dit in die hande te kry.

    OF: bestel vir jou ‘n uitstekende handboek: “Writing a Romance novel for DUMMIES” deur Lesley Wainger, verkrygbaar by http://www.Kalahari.net
    of by http://www.loot.co.za

    Lekker skryf!

  25. Wikus Jacobs

    Dankie vir jou antwoord, ek het reeds al die “manuskripvoorleggings” van verskei genre bestudeer.
    Ek dink nie mans en vroue verskil soveel van mekaar nie. Jy moet net die ou geykte en steriotipiese gedrag ignoreer en die verby die tradisionele geslags kondisioneering kyk, dan kom die ware mens maklik te voorskyn.
    Vreugde
    Vrees
    Koud
    Warm
    Lekker
    Sleg
    As babas/kinders reageer almal dieselfde, maar deur die jare word jy gekondisioneer om soos ‘n vrou of man te reageer.
    My beskeie opinie
    Groetnis

  26. Stem saam met jou opinie, maar jou lesers is stereotipiese, gekondisioneerde mense en jy skryf vir hulle … brood en botter?

    Die uitgewers se vereistes/voorkeure kom van baie jare se navorsing en ervaring. Selfs gevestigde skrywers van regoor die wêreld sukkel om die grense ‘n bietjie verskuif te kry.

    Maar … skryf jou boek en stuur hom in. Dis werklik die enigste manier om uit te vind. Dalk sit jy en broei op ‘n meesterstuk en mors jy kosbare tyd deur te wik en te weeg.

    • Jaybee Roux

      Hmmm . . . Ek is gewoonlik skepties wanneer iemand sê hulle wil romanses skryf; ek wonder altyd of hul motiewe edel is en hulle regtig die genre verstaan. Maar Wikus se gedig en sy motivering vir hoekom hy romanses lees, wil my kliphard in suiwer Amerikaans laat uitroep: “He gets it!”

      Wikus, ek weet nie of jy al van my verhale gelees het nie, maar ek spesialiseer daarin om die reëls en regulasies van die genre goed nek-om te draai – en my verkoopsyfers lyk nie te sleg nie. Nie almal kan dit doen of rég doen nie en daar is geen beloftes nie, maar wie weet . . .? Jy is welkom om my te kontak vir raad ens. Saam kry ons dalk die wa deur die drif.

      Jy kan my kontak by rouxjaybee@gmail.com

      (Dames, ek weet julle is dol oor my, maar moet asb. nie my e-pos-adres gebruik om my te “stalk” nie. As ek dink aan al die naakfoto’s wat deur die jare my “In Box” volgelê het . . .)

      • Egoïs!!

        Wikus, ek het vir Jaybee Roux, ‘n suksesvolle manlike romanseskrywer nadergeskraap om onstwee uit ons ellende te kom help, want hy het al ver geloop op die pad waarvoor jy blykbaar baie lus is en hy kan jou beslis help, hoor! As jy nog nie van sy romanses gelees het nie, kry dit! (By Leserskring, Exclusive Books, CNA en waar nog, Jaybee?)

        Hoop julle twee manne kuier lekker saam.

  27. Arien Lubbe

    Hallo Wikus
    Jaybee Roux het ‘n boek geskryf LIEFSTE WILLEMIEN. Dit was die hele tyd uit die held se oogpunt.

    Dit was vir my interessant en lekker om te lees. Dit was lekker om deur die man na die vrou te kyk. Hoe hy haar sien en hoekom hy nie tot haar wil ‘commit’ nie. Baie vrouens wonder wat verkeerd is met ‘n man dat hy bang is om tot een vrou getrou te bly. Wat heel waarskynlik ook ‘n rede is hoekom vrouens hierdie boekies so geniet. In romanse is die held altyd meer as gewillig om vir altyd en verewig ‘n vrou lief te hê.

  28. Wikus Jacobs

    Madelie, Jaybee,Arien.
    Ek sit met ‘n knop in my keel, Baie dankie!, vir julle kommentaar, raad en ondersteuning.
    Ek was onder die indruk dat skrywers nydig is onder mekaar en sal baklei vir die klein lesersmark in SA. Wat ‘n aangename verrassing om die harlikheid en kameraderie te ondervind.
    Arien, dankie vir jou raad. Ek is nou op soek na jou Romanzas
    Jaybee, ek het al van jou stories in die Huisgenoot gelees, maar met skaamte moet ek erken dat ek nie van jou ander werke gelees (of onthou) nie.
    Ek sal definitief van jou aanbod gebruik maak en direk met jou kontak. (Geen kaal foto’s van my nie – ek belowe!)
    Dankie aan Madelie vir die geleentheid, ek sal gereeld “kom gesels saam” lees en kyk waarmee my gunsteling dames hulle self besig hou.

    Groetnis

  29. Wikus Jacobs

    Madelie,
    Ek het ‘n paar gedigte op WOES.co.za /gedigte geplaas. (My skuilnaam is Vlakvark) as jy onder skrywers kyk.
    Gaan maak ‘n draai en gee my jou opinie.
    Groetnis

  30. Wilhelmina Potgieter

    Hi julle oulike mense,
    Ek sal graag wil weet wie het julle eerste manuskripte gelees voordat julle dit uitgewers toe gestuur het. Hoe gemaak as daar niemand is vir wie jy dat kan gee om te lees nie? Mag ek dit maar na die uitgewer stuur en dan wag vir kommentaar om te hoor of dit potensiaal het? Hoe maak mens?

  31. anngert

    Wilminatjie, jy kan jou manuskrip direk na LAPA gestuur. Hulle doen manuskripontwikkeling en sal vir jou ‘n verslag stuur met aanbevelings waarop jy kan werk.
    Wikus, jy is seker al aan die skryf, die dat jy so stil is. Wat presies is die verhouding tussen jou en Vaselinetjie?
    Groete, Annetjie van Tonder

  32. Wikus Jacobs

    anngert,
    Ja, ek is baie besig om te skryf. Ek het reeds 13 gedigte op Woes.co.za geplaas. (My skuilnaam is Vlakvark). Gaan lees gerus en gee jou opinie sommer hier – ek sal dit waardeer. (Lees almal hoor!) En ek het ook ‘n paar hoofstukke (my eerste roman) aan Jaybee gestuur wat dit vir my sal lees en kommentaar sal lewer – wag in spanning!.

    Die verhouding tussen my en Vaseline is baie gekompliseerd – ons ken mekaar reeds 37 jaar. Ek het ‘n kort storie geskryf wat die situasie verduidelik en aan Madelie gestuur – vra haar om dit aan jou te stuur. Wil nie graag dit te openbaar maak nie. Laat weet wat jy daarvan dink.
    Groetnis

  33. Ek hou BAIE van Wikus se gedig hier! Ek het self ‘n paar saam geflans en gewonder of ‘n “kenner” ‘n oog kan gooi [dis op 'n blog], ek wil nie litnet toe gaan en net nog ‘n blog open of op ‘n ander site waar jy moet registreer en alles weer oplaai nie, tyd is bietjie min met skooldinge ens. Wikus kan maar dig as hy so mooi dig!

  34. Wikus Jacobs

    Chess,
    Dankie vir die mooi woorde, ek waardeer!
    Hoekom skryf jy nie op Woes.co.za nie, daar is baie digters wat kommentaar lewer op jou werk en dit laat jou baie groei. Onder aan elke gedig is daar plek waar die digters kommentaar kan lewer – gaan lees gerus.
    Ek dig nie vir “kenners” nie, ek dig en skryf net vir myself en as ek iemand se lewe vir ‘n paar minute kan ophelder, hoekom nie.
    Groetnis
    (NS, waar het Annetjie van Tonder heen verdwyn? – Anngert)

  35. Wikus Jacobs

    Hi Madelie en al die pragtige dames van die Romanza bende.
    Pragtige artikel van Chanette Paul in die sondagkoerant – wat se julle daarvan?

  36. Dis great!! As ek eendag groot is, lees julle ook sulke goeters van my in die koerant … I wish!!!

    Chanette is werklik so ‘n interessante mens soos wat daai artikel vertel, hoor.

  37. Wat was die rede vir die nuwe omslag ontwerp op liefdesverhale?
    Is ek die enigste een wat die gesketsde omslag meer geniet? … ek klink seker nou ouer as die 28 jaar wat ek is!…

  38. Weet jy Erin, ons skrywers het nie juis insae in of enige seggenskap oor wat op die buiteblaaie verskyn of nie. Dit word by die uitgewers bepaal deur die mense wat die lesersmark en mense se koopgewoontes bestudeer en daarvolgens besluite neem. Hulle moet hul redes hê hoekom hulle veranderinge maak. Wanneer mens ‘n storie lees, vorm jy in elk geval ‘n prentjie in jou kop van hoe die mense en die plek lyk, so die buiteblad het seker nie werklik ‘n groot invloed op hoeveel jy die storie geniet nie, nie waar nie?

  39. Chock Nel

    Geagte Madelie,

    Eerstens wil ek net weereens dankie sê vir jou vinnige reaksie op my versoek. Net vinnig iets oor myself… Ek is n swaar-stroom Elektrisiën wat spesialiseer op groot dieselkragopwekkers. My stokperdjie is, onder andere, motorfietse. Ek het my lewe lank die gawe gehad om n storie te vertel langs ‘n braaivleisvuur. Verlede jaar is ek getroud op die Buffalo Rally in Mossebaai. Ek het die manne en meisies wat saam was gehad dat hulle naar word met my manier van ‘n storie vertel. Ek was aangespoor om van my stories op n sekere forum te plaas. Die gevolge daarvan het my heeltemal onkant gevang. Dit is ‘n storie op sy eie. My volgende stap is om ‘n versameling van my kort stories in e-boek vorm te plaas, maar ek het nie eens ‘n idee waar om te begin nie. Ek sal dit hoog op prys stel as jy my weer op die regte spoor kan plaas.

    Groete van Chock Nel en Sieser my brak met pampiere

  40. Hallo Chock!

    Jong, om ‘n e-boek uit te gee, sal jy deur ‘n uitgewer moet werk. Hier in Suid Afrika is daar nog nie (sover ek weet) ‘n manier om dit self te doen nie. Dit neem gespesialiseerde kennis en toerusting. Oorsese skrywers gee wel al self hulle boeke so uit, maar ons staan maar nog aan die begin van die e-boekbedryf in ons land. Kalahari.net se ouens doen dit vir LAPA Uitgewers. LAPA het die voortou geneem met die e-boeke hier plaaslik. Ons boeke wat in e-boekvorm uitgegee is, was eers sagtebandboeke by LAPA en is later as e-boeke uitgegee.

    Daar is uitgewers wat boeke direk as e-boeke uitgee, onder andere The Wild Rose Press. Jy kan hulle Google en op hulle webwerf gaan loer, maar hulle doen net liefdesverhale. Hulle gee selfs kortverhale uit, maar dit moet Romantiese fiksie in Engels wees.

    Jy sal jou versameling stories moet neerpen en instuur om eers as ‘n bundel uitgegee te word en dit kan nogal lank neem. (Selfs tot ‘n jaar)

    My kennis hiervan is ook maar gebrekkig. Die heel beste sal wees om LAPA direk te kontak en navraag te doen. Hulle weet sekerlik baie meer hieroor as ek.

    Alles van die beste met jou stories.

    • Chock Nel

      Jinne dis ni sulke goeie nuus ni,,, ek sou dink dit sou redelik maklik wees,,, ek sal nog huiswerk doen en hier pos wat ek leer

  41. Wag ‘n bietjie, ek het tóg goeie nuus!!

    Ek was duidelik oningelig oor die selfpublikasie van e-boeke toe ek jou vroeër geantwoord het, Chock. Na ‘n paar minute op die internet het ek op ‘n magdom van inligting oor die self-uitgee van e-boeke afgekom.

    Google net: “How to self-publish an e-book” en jy het al die inligting wat jy soek.

    Mense, ons lewe werklik in die inligtingstydperk. WOW!

  42. wayne kruger

    Ek is besig om ‘n boek te skryf. Ek wil graag weet of daar iemand is wat my kan help. Ek sal my boek email los net ‘n email adres en stuur u antwoord na my email adres toe asb.

  43. wayne kruger

    my email adres is waynekruger@gmail.com aan u wat my kan help. Ek het ook ‘n vriend wat boeke skryf sy is Stephie Faroa

    • wayne kruger

      we will see what we can do

  44. Wayne, dis ongelukkig nie ‘n diens wat ons verskaf nie. Hierdie blog is slegs om raad te gee, nie om boeke te lees en/of te redigeer nie. Elke skrywer moet self sy manuskrip voltooi en vir ‘n uitgewer instuur. Ons is net ‘n groep skrywers wat graag ons ondervinding met ander deel hier op die blog, maar het nie tyd vir die tipe hulp wat jy vra nie.

    Daar is wel skryfskole wat skrywers op ‘n indiwiduele basis help. Probeer The South African Writer’s College of die PNSkryf skryfskole. Google dit net en jy sal hulle wel in die hande kry. Die SAVryskutskrywers het ook skryfkursusse waartydens jy sulke tipe hulp kan kry van die aanbieders.

    Volg gerus hierdie skakel en sien watter dienste hulle aanbied:

    http://www.pnskryf.co.za/index.html

  45. Ek het jul sopas ontdek, WOW.
    Ja, ek skryf, pas my eerste manuskrip weggestuur. Ek sou graag wou weet, as die inhoud Christelik is, maar defnetief nie net vir Christene nie, is dit noodsaaklik om Christen uitgewers te nader in ons land OF kan mens ander ook nader?
    OOK, in Amerika moedig hul ‘multiple submissions’, wat is protocol in Suid-Afrika?

  46. Nee, hier by ons word jy nie toegelaat om jou boek na meer as een uitgewer te stuur op dieselfde tyd nie. As ‘n uitgewer dit afkeur, kan jy dit dan na ‘n ander een stuur vir keuring. Hier is ‘n paar uitgewers wat Christelike lektuur uitgee soos bv. Lux Verbi. Vind gerus uit. Ander uitgewers mag dalk nie belangstel nie, maar dit hang alles van jou boek af. Elke manuskrip word op eie meriete beoordeel.

Wat dink jy??

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 29 other followers